Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.
March 01, 2022AanlynswendelskemasFrancois Viviers praat oor aanlynswendelskemas, en hoe jy jouself kan beskerm....more14minPlay
February 28, 2022Persoonlike projekbestuurProjekbestuur is dikwels die verantwoordelikheid van 'n enkele projekbestuurder. Die verskil met persoonlike projekbestuur is dat jy self direk aan die proses moet deelneem. Ons weet baie keer wat ons wil bereik, maar alte dikwels bly dit net een groot droom. Jacqui January praat met Dominic Paris, ‘n oudonderwyser en projekbestuurder, oor die belangrikheid van beplanning, beplanning, beplanning…...more9minPlay
February 28, 2022Maryke, die visboerMaryke Musson vertel vir Martelize Brink hoe daar in Nederland met geelstert op land geboer word....more12minPlay
February 28, 2022Marizanne reis vrou alleen per fiets deur die wêreldMarizanne reis vrou alleen vir maande op ‘n slag per fiets deur die wêreld. Sy het al reise onderneem in Suid-Amerika, Israel, Australië, verskeie Wes-Europese lande en in Maleisië, Thailand en Indonesië. Sy is nou oppad na Die Spaanse Riviera....more10minPlay
February 28, 2022Sintropiese landbouCalvyn du Toit vertel vir Martelize Brink wat sintropiese landbou behels, en waarom mense al hoe meer na hierdie manier van boer kyk....more10minPlay
February 25, 2022SA se tiende nasionale botaniese tuinKurator Nomama Mei vertel vir Martelize Brink van die Kwelera Nasionale Botaniese Tuin in Oos-Londen. Dit is Suid-Afrika se tiende nasionale tuin, en word op 10 hektaar gebruikte grond langs die Kwelera Natuurreservaat ontwikkel....more10minPlay
February 25, 2022Van Kariega tot die koninginVan Kariega tot medekomponis van die platinum jubileum-lied vir Koningin Elizabeth II wie se 70-jaar regeerperiode gevier word. Dié hoë eer het Anton van der Merwe, boorling van Kariega (Uitenhage) en deesdae in Brittanje, te beurt geval toe hy gevra is om as een van net twee komponiste, een segment vir dié lied te komponeer. Mariska Spoormaker het met hom gepraat toe hy in Nelson Mandelabaai gekuier het....more11minPlay
February 25, 2022Die Lipizzaners dans nou in die KaapDie dansende Lipizzaner-perde het van Kyalami in Johannesburg na die Paarl verhuis. Haidee Muller-Isaacs het die perde se stalle gaan besoek, en vind meer uit van hierdie besonderse perderas....more13minPlay
February 25, 2022Die gewildheid van ryhuiseLouis Venter vertel vir Martelize Brink van ryhuise wat in gewildheid toegeneem het, en waarom dié leefstyl hom pas....more9minPlay
February 24, 2022Eersterust se omgeemensIn elke dorp of stad is daar mense wat hulle tyd en bronne beskikbaar stel aan hulle gemeenskappe. Dis vrywilligers wat ‘n onbaatsugtige taak verrig, meestal sonder vergoeding. Die belangrikste vaardighede wat jy vir vrywilligerwerk nodig het, is deernis, ontferming en ʼn oop gemoed, om te doen wat gedoen moet word met ʼn positiewe ingesteldheid. Jacqui January stel ons voor aan een so ‘n omgeemens....more11minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.