Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In GeldAlfabet bespreek Eduan Basson, gesertifiseerde finansiële raadgewer verbonde aan HGG Finansiële Groep, en prof. JP Smit van die Universiteit Stellenbosch, geldverwante begrippe wat onder die letter H val.