Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Elkeisa se nuwe suurstofmasjien
    Die elfjarige Elkeisa Jacobs van die Sandsakkies op Dysselsdorp moes 2014 die skool verlaat as gevolg van haar mediese toestand. Sy is met brongiëktase gediagnoseer. Dis 'n kroniese longsiekte, wat beteken daar is ‘n permanente vergroting en dilatasie van die gedeeltes van die lugweë van die long. Dit kan nie herstel word nie, en lei daartoe dat slym in Elkeisa se lugweg opbou. Sy moet so te sê 24 uur gekoppel wees aan ‘n suurstofmasjien. Die gaan maar broekskeur met die familie, maar nou het sy danksy die goedhartigheid van 'n mediese maatskappy, 'n draagbare suurstofmasjien gekry ter waarde van R33 000. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.
    11 min
  • Ekodrukwerk
    Ira Bekker vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe sy natuurlike produkte uit die veld of tuin vir drukwerk gebruik.
    12 min
  • Geldgids - Episode 30
    Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter R val, word bespreek deur Niek van den Berg en Hannes Bester van HGG se Welvaart-sake-eenheid, en Edmund du Plessis, van Helderberg Insurance Brokers.
    14 min
  • Wakker tydens breinoperasie
    Kliniese hipnoterapeut en psigoterapeut, dr. Elmari Mulder Craig, en neurochirurg dr. Francois Swart vertel van 'n breinoperasie op 'n pasiënt wat wakker was tydens die operasie. Dr. Mulder Craig het hom voorberei met hipnose, en het hom tydens die operasie bygestaan.
    12 min
  • Una se wedloop
    Oudpolisiekolonel Una Saayman vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar grootworddae op Mosselbaai, en hoe sy later in haar lewe die wonder van wedlope ontdek het.
    9 min
  • Indringerbome in voordelige koolstofproduk omgeskakel
    Die Baai spog met een van die eerste aanlegte in Suid-Afrika waar indringerhout en plantmateriaal deur ‘n vergassingsproses in ‘n hoëgraad koolstofproduk omgeskakel word. Dié koolstofproduk kan met groot voordeel in die landbou, mynbou en mediese veld aangewend word. Mariska Spoormaker het by die aanleg naby Seaview gaan inloer, en Japie Buckle, direkteur van Hive Ecosystems, daar aangetref.
    10 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.