Karperde, of is dit nou stootperde, in die voorry? Henning van Aswegen en Flippie van der Merwe het in 1981 teen die magtige All Blacks geskrum. Johan Rademan het by die 1981-Bokreünie met die twee Boklegendes gesels. Flippie was ‘n makrostut, en het die skaal op 132 kg getrek. Hy is 1,96 meter lank. Sy seun Flip het ook Suid-Afrika in die slotposisie verteenwoordig. Henning van Aswegen daarenteen het 100 kg geweeg en was 1,86 meter lank. Hy het twee toetse vir die Bokke gespeel, en het vir die Vrystaat, WP en Transvaal gespeel. Johan Rademan het met die twee legendes gesels.