Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In GeldAlfabet bespreek Eduan Basson, as geregistreerde finansiële beplanner verbonde aan HGG se Welvaart-sake-eenheid, geldverwante begrippe wat met die letter E begin.