Dr. Rudi Bower, musiekdosent aan die Nelson Mandela Universiteit, was nog op hoërskool toe hy een aand kitaarspel tussen die voorlesings van die gewilde digter Vincent Oliphant se werke moes lewer. Vincent se gedigte het só 'n onverwoesbare indruk op Rudi gemaak dat hy vandag, jare later, 'n sangsiklus, gebaseer op die werk van Vincent Oliphant, gekomponeer en die Baaise mezzosopraan, Lucretia Sikwebu, as uitvoerende kunstenaar ingespan het. Mariska Spoormaker het gaan luister hoe dit klink.