In Februarie vanjaar het 'n handjievol Tsitsikamma-inwoners stukkies grond begin skoffel om groente te plant, en gehoop om eendag ‘n inkomste daaruit te kan verdien. Weens die streng Covid-inperkings het Mariska Spoormaker toe telefoniese onderhoude met hulle gevoer. Nou, nege maande later, het sy uitgery na die Tsitsikamma om uit hoor hoe sake vorder, en het daar vir Marnell van Schoor, stuurvrou van die inisiatief, aangetref.