Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,476 episodes available.
October 18, 2021Watter risiko's is daar wanneer ek deesdae reis?Christelle Colman gee raad oor die risiko's verbonde aan reis tydens die pandemie, noudat dit makliker is om weer oorsee te gaan....more8minPlay
October 15, 2021Kyk net dié Tsitsikamma-wolwe!In die Tsitsikamma het Mariska Spoormaker op verskeie pakke wolwe en wolfhondkruisings afgekom, en toe die hartseer storie by Robin McDonald van die Tsitsikamma Wolf Sanctuary gehoor. Basies kom dit daarop neer dat hierdie wolwe en/of wolfhondkruisings óf mishandel is óf deur hulle voormalige eienaars oorhandig is aan die hawe, omdat hulle nie meer kans gesien het vir hulle onvoorspelbare gedrag nie....more11minPlay
October 15, 2021Zani en Martin se meubelontwerpZani Alberts en Martin Tallie vertel vir Martelize Brink van hulle aanslag tot meubelontwerp, en hulle deelname aan die Design Indaba Emerging Creatives Programme....more8minPlay
October 15, 2021Palie, skoolhoof van die jaarHaar leerders en onderwysers noem haar Palie. Renate van der Westhuizen is hoof van die Apex Hoërskool in Eersterivier. Sy nou die algehele wenner in die Nasionale Toekennings van die Departement van Basiese Onderwys in die kategorie: Sekondêre Skoolleierskap. Haidee Muller-Isaacs was by die skool toe Renate pas aangestel is in 2018, en nou is sy weer terug soontoe om oor hierdie passievolle vrou se groot pluimpie te gesels....more12minPlay
October 15, 2021Dr. Erna Blancquaert se wynreisDr. Erna Blancquaert vertel vir Martelize Brink van haar loopbaan as wynkundige, en ‘n internasionale beurs waarmee sy vereer is....more10minPlay
October 14, 2021Lewensredders se onselfsugtige diensOp sekere plekke langs die kus word lewensredding nie net as 'n gemeenskapsdiens beskou nie, maar as 'n span- en vriendskapsbou. Lewensredders werk deur die loop van die jaar baie hard om tydens die somervakansie 'n onselfsugtige en onontbeerlike diens aan inwoners en vakansiegangers te lewer. Op Sondae vergader ‘n groep vrywilligers en kinders op die strand in Gqeberha in die Oos-Kaap om opleiding as lewensredders te kry. Jacqui January het op die strand met van die afrigters, ouers en voornemende lewensredders gesels....more11minPlay
October 14, 2021Christopher September se tuineChristopher September vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe hy ‘n leefstylaanpassing moes maak, en sy werk as waaghals in die filmbedryf agterlaat het. Christopher het sy heil in 'n tuin gevind, en ‘n tuinprojek by 'n skool begin....more9minPlay
October 14, 2021Geldgids - Episode 15Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In ons B-aflewering bespreek Niek van den Berg, Riaan Lindeque en Eduan Basson van HGG se Welvaart-sake-eenheid en prof. JP Smit van die Universiteit Stellenbosch geldverwante woorde wat ons daagliks teëkom....more14minPlay
October 14, 2021Impak van Covid-pandemie op werksoekGail de Waal Basson vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink watter impak die Covid-19-pandemie op CV's en die werksoekproses gehad het....more9minPlay
October 13, 2021Speserye in die Nederlandse kookkunsHetta van Deventer-Terreblance vertel hoe speserye hulle weg in Nederlandse kookkuns gevind het....more14minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,476 episodes available.