Covid-19 het Huis Najaar op Despatch vroeër vanjaar amper platgeslaan toe 18 van die bejaarde inwoners binne enkele dae daaraan gesterf het. Omdat geen nuwe inwoners ingeneem mag word nie, het dit geldelik bars gegaan, tot die beroemde voormalige Springbok, Danie Gerber, ook bekend as die Doring van Despatch, tot hulle redding gekom het. Mariska Spoormaker het Danie by Huis Najaar ontmoet, maar eers skets die voorsitter van die ouetehuis se raad, Belinda van der Bank, die agtergrond.