Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. In ons A-aflewering bespreek Niek van den Berg, Riaan Lindeque en Eduan Basson van HGG Finansiële Groep se Welvaart sake-eenheid, en prof. JP Smit verbonde aan Stellenbosch Universiteit, die begrippe aandeel, annuïteit, aftrede en arbitrage. Hulle lig dit toe met wenke en nuttige verbruikersinligting. hggroep.co.za