Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se nuwe reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe onder die letter D word deur Riaan Lindeque en Eduan Basson, albei verbonde aan HGG Finansiële Groep se Welvaart-sake-eenheid, bespreek.