Driesestig

Driesestig

Download on the App Store

Driesestig episodes

  • Pickleball
    Stephanie du Toit vertel vir Martelize Brink van Pickleball, die vinnigste groeiende sport in die VSA, wat tydens die Covid-pandemie in gewildheid toegeneem het. Op Memel is daar ook nou ‘n baan gebou.
    10 min
  • Goeie kos en goeie vaardighede vir ‘n beter lewe
    Op die vakansiedorp Jeffreysbaai in die Oos-Kaap kry ‘n mens die One Village-organisasie, wat van die standpunt uitgaan dat ‘n mens slegs kan hoop om verbetering in weerlose mense se lewe te probeer bring deur onder meer goeie voedingsprogramme en markgerigte opleiding aan te bied. Mariska Spoormaker het meer gaan uitvind.
    9 min
  • Geldgids - Episode 32
    Daagliks hoor ons op sakenuusverslae en lees ons in sakeverslae woorde waarmee ons nie vertroud is nie of nie weet wat dit beteken nie. In GeldGids se reeks, GeldAlfabet, verduidelik ons paneel kundiges die algemeenste sakeverwante woorde, van A tot Z, en die betekenis daarvan. Geldverwante begrippe wat onder die letter T val, word bespreek deur Eduan Basson en Hannes Bester van HGG se Welvaart-sake-eenheid, en Mari Botma van die regspraktyk, RC Smith en Vennote.
    14 min
  • Sentech-toring vier 60 jaar
    Die Sentech-toring in Brixton, Johannesburg, se konstruksie is in 1962 voltooi. Dis die tweede hoogste toring in die Goudstad, met ‘n hoogte van 240 meter. Dit huisves verskeie televisie- en radio-antennas, wat onder meer RSG se sein versprei. Jaap Lourens, ondersoekbeampte van Sentech, neem Elsje van Jaarsveld op in die toring tot bo, waar daar ‘n uitsonderlike uitsig oor Johannesburg is.
    12 min
  • Hoekom moet ons stories vertel?
    Haidee Muller-Isaacs is gaande daaroor om ander se stories vertel. Sy maak ‘n draai by Tessa van der Spuy, ‘n voormalige Afrikaans-onnie wat navorsing oor storievertel gedoen het. Hoekom is dit belangrik dat ons stories móét vertel?
    12 min

About Driesestig

From the publisher's feed

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.