Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.
December 07, 2021Rotsklim as sportVanessa Clarke vertel van haar poging om jongmense betrokke te kry by rotsklim as sport, en om kompeterende atlete te ontwikkel vir die Olimpiese en Paralimpiese Spele....more9minPlay
December 07, 2021Caren Kearley se skryfterapieCaren Kearley is ‘n digter wat by die dood omgedraai het ná ‘n ernstige motorongeluk. Haar herstel is moeisaam, en sy gebruik skryf as terapie om weer die lewe aan te pak. Sy is ook deel van Poetry Jam se First Fridays-projek, wat een maal ‘n maand in die Riebeekvallei se amfiteater plaasvind. Johan Rademan het met haar gesels....more8minPlay
December 07, 2021Bruinsprinkane in die KarooJohan Bouwer praat oor die bruinsprinkane in die Karoo uit die oog van ‘n herlewingsboer....more11minPlay
December 06, 2021Stilbaai SakekamerRachel Wall vertel van die Stilbaai Sakekamer wat vereer is as die AHI se Sakekamer van die Jaar in die Wes-Kaap....more10minPlay
December 06, 2021JudasbokkeRudi van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink van die rol wat judasbokke by abbatoirs speel....more9minPlay
December 06, 2021Agri-Expo vier 190 jaarAgri-Expo, die oudste landbougenootskap in Suid-Afrika, vier vanjaar sy 190ste bestaansjaar. Tydens hulle spesiale vieringe op die landgoed, Cavalli, buite Stellenbosch is prominente landbourolspelers vereer, en opwindende planne vir 2022 aangekondig. Haidee Muller-Isaacs was daar....more9minPlay
December 06, 2021Bedankings bied herskeppingsgeleentheidJohann van Niekerk vertel vir Martelize Brink hoe die vlaag bedankings wat op hande is, ‘n geleentheid bied om ‘n onderneming te herskep....more8minPlay
December 03, 2021Ant Rachel van KylemoreAnt Rachel Fortuin vertel vir Haidee Muller-Isaacs van Kylemore se geskiedenis, en hoekom sy haar hartsplek met 'n lappieskombers vergelyk. Haidee hoor ook dat Kylemore se mense mooi sing omdat hulle putwater drink, en dan is daar 'n vermaaklike storie oor hoe die mense glo desjare daar leer swem het....more11minPlay
December 03, 2021SA Films vir NetflixNadine Cloete gesels met Martelize Brink oor ses Suid-Afrikaanse filmprojekte wat saam met Netflix aangepak word....more8minPlay
December 03, 2021SA se liefde vir hoendervleisDie hoenderbedryf is die tweede grootste, naas die mieliebedryf, in die Suid-Afrikaanse voedelmark. Daar word 4-miljoen hoenders per dag geslag om te voldoen aan die vraag na dié gesogte vleissoort. Izaak Breytenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging vertel vir Jacqui January van ons grooooot liefde vir hoendervleis....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,474 episodes available.