Dit was nog altyd Solly Luyt, ‘n voorste linie paramedikus in die stryd teen Covid-19, se droom om ‘n nooddienswerker te wees, maar toe word hy as jongman afgekeur omdat hy kwansuis te kort sou wees. Hierna het hy 20 jaar lank by die Volkswagenfabriek op Kariega gewerk, maar sy droom het bly druk. Toe Solly dus 12 jaar gelede die geleentheid gekry het om by 'n private ambulansdiens aan te sluit, het hy dit aangegryp. Nou staan hy bekend as Superhero Solly, die man wat oral en altyd mense in Covid-nood bystaan. Mariska Spoormaker het hom in die ambulansdiens se operasionele kamer gaan opsoek.