Een van die tragiese slagoffers van Covid-19 is David Makolo. Dié onderwyser het onlangs, nadat hy oorlede is aan Covid-19, in absentia sy doktorsgraad onvang. Hy was, volgens sy studieleier, dr. André de la Harpe, soos baie ander studente uit Afrika, gemeenskapsgerig, en die Bethal en Butterworthgemeenskappe het hom na aan die hart gelê. Die Xhosa-gemeenskap het ‘n groot onderwysman en visionêr verloor, maar sy drome mag dalk steeds bewaarheid word om sentrums van uitnemendheid te stig. André de la Harpe van die Skiereiland Universiteit van Tegnologie vertel die aangrypende verhaal aan Johan Rademan.