Dertien jaar gelede het die Baaise egpaar Rudi en Ellie Goossens binne die organisasie Vriende van Van Stadens begin om vrywilligerwerk in die munisipale Van Stadens Veldblom-reservaat te doen, en nooit daarmee opgehou nie. Die reservaat, eens amper vergete en verslete, is deesdae 'n inheemse flora-lushof. Die Rotariërklub, PE Sunrise, het nou hulle hoogste toekenning vir gemeenskapsdiens aan die Goossens-egpaar toegeken. David Raymer, president van die Rotariërklub, verduidelik aan Mariska Spoormaker hoekom die Goossens dié toekenning verdien.