Suid-Afrika het 'n groot verskeidenheid bome, met duisende inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Om bome te plant, veral saam met ander mense, bring ‘n groot bevrediging en simboliseer vele dinge vir baie mense. Jan Odendal is ‘n oudonderwyskundige en het 11 jaar gelede die projek, Bome van Hoop en Vriendskap, gestig. Jan droom groot om in die Wes-Kaap met dié projek, gemeenskappe te help versoen met mekaar. Jacqui January vertel meer…