Een van die mees gevierde komponiste van alle tye, Ludwig van Beethoven, is vandag (16 Desember 2020) 250 jaar gelede, in 1770, in Bonn, Duitsland, gebore. Die geboortedatum word afgelei, omdat hy op die 17de gedoop is in die St. Remigius-kerk in dié stad aan die Rynrivier. Beethoven se meer as 700 werke is van die klassieke musiek wat die meeste uitgevoer word. Hy het lank in die musiekstad, Wene in Oostenryk, gewoon en gewerk waar hy op 56-jarige ouderdom oorlede is. Albie van Schalkwyk, 'n bekende in Suid-Afrikaanse musiekkringe het aan Gustav Greyling verduidelik wat Beethoven so besonders maak.