Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
February 02, 2026Veilige hawe vir donkies in die KarooBradley Bergh vertel vir Martelize Brink van die Karoo Donkey Sanctuary op De Rust, en die 400 diere wat daar ‘n heenkome vind....more8minPlay
February 02, 2026Die Appeltreintjie is stil, maar dié stasie wérkOmdat werkgeleenthede skaars is in die omstreke van die Oos-Kaapse dorpie, Thornhill, het boervrou Joan Puttergill 30 jaar gelede met ‘n volhoubare werkskeppingsprogram in ‘n ou, maar opgeknapte, Appeltreintjie-stasie begin. Mariska Spoormaker het daar gaan inloer....more8minPlay
February 02, 2026Jou naam se komvandaan 2 Februarie 2026Dr. Willem Botha vertel onder andere van die name Volker en Merwede. Die Van der Merwes se van kom ook van die Merwederivier in Nederland....more7minPlay
February 02, 2026Kiekies by die kerk‘n Prentjiemooi kerk in Italië kry te veel besoekers, veral om selfies daar te neem. ‘n Versperring sal binnekort opgerig word om voertuigtoegang te beperk tot inwoners en toeriste wat in die dorp oornag....more2minPlay
January 30, 2026Gholfskeidsregter Inus Marais – Deel 2Die prysgeld vir beroepsgholf is deesdae astronomies. Die PGA-toernooi s’n is al meer as $550 miljoen, met ‘n gemiddelde verdienste van $2,3 miljoen per speler. LIV Gholf stoot 2 tot 25 miljoen dollar per toernooi in, en die DP World Tour betaal $125 miljoen plus bonusse uit aan spelers wat kwalifiseer. Een verkeerde beslissing, soos ‘n strafhou, kan dus duur wees. Inus Marais is 'n internasionale gholfskeidsregter. Johan Rademan het hom uitgevra oor die pad wat hy geloop het....more9minPlay
January 30, 2026360 Speseryroete - Deel 115Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die toenemende gewildheid van waatlemoen as geurmiddel, en hoe dit in verskillende streke se kookkuns gebruik word....more10minPlay
January 30, 2026Bloudrake en ander blou seediertjiesMaryke Musson vertel van die bloudrake, see-engele, bloublasies en seiljag-jellies wat aan die kus uitgespoel het....more6minPlay
January 30, 2026KI-wensdenkery‘n Toerismewebblad is in die warmwater. Dit het ‘n blog wat deur kunsmatige intelligensie geskryf word. Dit stel dit voor dat mense ‘n warmwaterbron by ‘n afgeleë dorp besoek, wat glo ‘n gunsteling onder stappers is. Daardie warmwaterbron bestaan egter nie....more2minPlay
January 29, 2026Nadia se koesterplekkie vir enkelouersNadat sy desjare geskei is, het Nadia Boezak stoksielalleen en verlore gevoel as ‘n enkelma van twee jong kinders. Daar moes tog ook ander wees wat soos sy voel, en dis presies hoekom sy haar organisasie, Undercover Heroes, begin het. Dis 'n koesterplekkie vir enkelma's en -pa's. Haidee Muller-Isaacs het met Nadia gesels....more9minPlay
January 29, 2026Jonk 29 Januarie 2026Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor preserveermiddels, en die verband met verhoogde siekterisiko....more8minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.