Ons vier vandag die 80ste verjaarsdag van Conrad Theys, die laaste lewende kunstenaar wat tot die groep, die Kaapse Impressioniste, behoort. Op dieselfde dag, 9 September 1873, is merkwaardig genoeg, die pionier van die Kaapse Impressioniste, Pieter Wenning, gebore. Hy het van Den Haag op 'n jong ouderdom na Suid-Afrika gekom, omdat hy simpatiek in 'n opstand vir die werkers in die Nederlande was, en sy werk verloor het. Hy verhuis na Suid-Afrika om 'n klerk in 'n boekwinkel te word, en plant as kunstenaar die boompie van die kunsbeweging wat so hoog aangeslaan word in die kunswereld in Suid-Afrika. Pieter Wenning is reeds op 47-jarige ouderdom oorlede. Vandag is ons gelukkig om met die laaste Kaapse Impressionis van Loeriesfontein en Bellville-Suid, Conrad Theys, te kan gesels. Johan Rademan help om die 80 kersies uit te blaas.