Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
September 04, 2020Vetplantbewaring in die KarooFrancois van der Merwe vertel vir Sue Pyler van vetplantbewaring in die Karoo en die Leslie Hill Sukkulente Karoo Trust, wat 25 jaar oud is....more13minPlay
September 03, 2020Prostaatprobleme by troeteldiereVeearts dr. Ingrid de Wet vertel vir Fritz Klaaste van kwale by reuns en mannetjiekatte....more11minPlay
September 03, 2020Pasop vir dié Moeder van Miljoene!By De Vlugt, 'n piepklein gemeenskappie langs die Prins Alfredpas in die Suid-Kaap, kan jy jouself op 'n hele paar plekke in die Moeder van Miljoene vasloop. Dit is 'n vetplant met die pragtigste oranje kandelaarblom, maar Ursula Peter van Die Skoolhuisie het al minstens 5,000 van hierdie Moeders van Miljoene oor 'n gebied van ongeveer 20,5 hektaar uitgeroei. Mariska Spoormaker wou by haar weet hoekom....more10minPlay
September 03, 2020Honde teen stroperySANParke se hoofdoel is om ons natuurerfenis vir die nageslag te bewaar. Dis 'n massiewe taak, en dis hier waar die organisasie se ereveldwagters 'n groot bydrae lewer. Die manne en vroue, saam met hulle gesinne, skenk hulle tyd, vaardighede en bronne onvoorwaardelik. Jacqui January gesels met een van die lede van die Nasionale Raad van die Veldwagter oor 'n projek waar honde opgelei word om stropery te help beveg....more8minPlay
September 02, 2020Plantpotte van misRiana Appel vertel vir Sue Pyler van bio-afbreekbare plantpotte, wat sy van beesmis en Knysna-olifantmis vervaardig....more9minPlay
September 02, 2020Dirk Warries se seestoriesDirk Warries was 28 jaar lank in die vloot, waarvan 18 jaar op see was. Hy was daar toe die President Kruger en die Tafelberg in 1982 gebots het. Haidee Muller het hom op Kuilsrivier opgespoor om oor sy ervarings op see te gesels....more12minPlay
September 02, 2020AasvoëlsAndre Botha vertel vir Sue Pyler van Zoeloeland se bedreigde roofvoëls en Wêreld Aasvoëlbewustheidsweek....more9minPlay
September 01, 2020MakrolletjiesRoenel en Renier Swart vertel vir Sue Pyler van makrolletjies (of macarons) as ‘n kleurvolle bederf vir die lente....more8minPlay
September 01, 2020RottangmandjiesCaren Marais gesels met Sue Pyler oor rottangmandjies wat die Marais-familie van die Paarl reeds sedert 1945 vleg. Met die derde generasie in die onderneming het die style en gebruike van die mandjies verander in pas met die tye....more7minPlay
September 01, 2020Bome van die jaarIzak van der Merwe gesels met Sue Pyler oor die bome van die jaar, en hoe die lys van bome vir die volgende paar jaar aangepas is....more13minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.