Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.
August 31, 2020NP van Wyk Louw se BeiteltjieIn Augustus het RSG elke Donderdagaand ‘n program oor NP van Wyk Louw aangebied. Dit was ‘n huldiging aan hierdie fenomeen in die Suid-Afrikaanse letterkunde, 50 jaar ná sy dood. In die programme is daar dikwels verwys na sy gedig, Die Beiteltjie. Sanger Herman van den Berg het die gedig getoonset, en ons luister in kunsliedstyl na Jannie Moolman wat met Johan Rademan gesels oor hierdie kunsvorm. NP van Wyk Louw lees eerstens self die bekende en geliefde gedig voor....more10minPlay
August 31, 2020Hoe om 'n aanlynbesigheid te beginNaomi Bütow vertel vir Fritz Klaaste hoe om 'n aanlynonderneming te begin....more5minPlay
August 31, 2020Die betalingsgapingDr. Linda Meyer gesels met Fritz Klaaste oor die betalingsgaping tussen mans en vroue....more13minPlay
August 28, 2020SkarrejagDominee Fritz Snyman vertel vir Martelize Brink van skarrejag - 'n skattejag per motor....more7minPlay
August 28, 2020Skoolhoof help gemeenskapLiza Matthee vertel vir Martelize Brink hoe sy as skoolhoof ingespring het om die behoeftige gemeenskap van Simondium by te staan met buitemuurse aktiwiteite vir skoliere en 'n voedingsprogram....more11minPlay
August 28, 2020Sammy Joe se avontuur in QatarLaatlam Sammy Joe Avontuur het op Oudtshoorn grootgeword saam met 'n pa en broers wat almal op die krieketveld uitgeblink het. Almal op hulle tuisdorp het van die Avontuurs se krieketvernuf geweet. Sammy Joe is onlangs aangestel as assistentafrigtervan die Warriors in Qatar....more8minPlay
August 27, 2020Impak van ekonomie op motoreienaarsLayton Beard van die AA gesels met Martelize Brink oor die impak van die ekonomie op motoreienaars se gedrag. Hy praat ook oor die keuse tussen 'n tweedehandse voertuig of 'n goedkoper nuwe een wat veiligheid betref....more20minPlay
August 27, 2020Teaters en die inperkingDie moeisame tye in die kunstewêreld tydens die inperking in Suid-Afrika het teaters tot stilstand geruk. Johan Rademan het Die Boer-teaterrestaurant besoek waar hy met Margite en Jurg gesels het, en ook Dowwe Dolla se uitgestelde uittrede beleef het....more18minPlay
August 26, 2020Veronica van MatjieskloofVeronica Klaase van Matjieskloof het sowat 20 jaar gelede in die Kaap gaan huiswerk doen vir die Oppermans in Brackenfell. Sy het daar vir die heel eerste keer die see beleef, en dit was destyds ook die heel eerste keer dat sy op 'n roltrap geklim het. Haidee Muller het by Veronica by die Oppermans se huis gaan kuier om meer van Matjieskloof en Veronica se ervaring uit te vind. Sy hoor toe ook meer van Veronica se onderstebo-herderspastei en haar wenner-aartappelslaai....more12minPlay
August 26, 2020Marinebioloog ontdek nuwe spesies in museumMarinebioloog dr. Melissa Boonzaaier-Davids vertel vir Sue Pyler hoe sy nuwe mosdierspesies in die Iziko Suid-Afrikaanse Museum se vergete versamelings ontdek. Sy het al nege nuwe spesies en 'n hele nuwe genus daar ontdek....more12minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,482 episodes available.