Wanneer jy dalk weer deur die Baviaanskloof ry, sal jy met ander oë na die omgewing kyk, want op 7 September begin RSG se nuwe vervolgverhaal, Die Wildedruif val deur P.H. Nortje, wat in hierdie wêreld ontvou. Die historiese jeugverhaal is gegrond op die groot vloed wat in 1916 plaasgevind het. Die skrywer is ook bekend vir boeke soos Pennie se vuur, Die Groen Ghoen, Donkerwater, In voetpad se kloof, Aan die sonkant en nog heelwat ander. Hy is in 2012 oorlede in die ouderdom 91. Sy seun deel met ons van die ervaringe wat in die jeugverhaal opduik.