Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
November 14, 2025Huishou Olimpiese SpeleDie 35ste Huishou Olimpiese Spele is in Las Vegas gehou. Bedopmaak, mop-aflos en stofsuig is van die items waaraan die werkers van die Las Vegas hotelle deelgeneem het....more2minPlay
November 12, 2025Gerhard Meyer se granateGerhard Meyer, ’n granaatboer van die Klein Karoo, het sy keuse van gewasse totaal verander ná raad van ’n boer van Israel. Gerhard was onlangs deel van Afrika-groep wat genooi is om in Keulen 'n verbruikersexpo by te woon, maar was voor dit in Spanje. Johan Rademan het met hom gepraat....more9minPlay
November 12, 2025Rottegif onder die loepOp die kusdorp, St. Francisbaai, het tien uile binne vier dae gevrek nadat hulle vergiftigde rotte gevreet het. Voorvalle soos dié het die stedelike wildbewaarder, Arnold Slabbert, daarnatoe gedryf om te begin vasstel watter soorte rottegif so maai onder die uilbevolkings en ander diere in die ekostelsels. Mariska Spoormaker het met hom gepraat....more8minPlay
November 12, 2025Waterwraak‘n Vrou in China is beboet met 280 keer die bedrag waaroor sy gestry het met ‘n hotel. Uit wraak het sy die krane vir ure laat loop…...more2minPlay
November 11, 2025Êrens oorsee 11 November 2025Ilze Els vertel vir Martelize Brink van die lewe op Guernsey, ‘n eiland in die Engelse Kanaal naby die kus van Frankryk....more13minPlay
November 11, 2025Harlan se hartklop vir die gemeenskapDie akademikus, dr. Harlan Cloete van die Paarl, vertel vir Haidee Muller Isaacs hoe sy reis na sukses begin het. Maklik was dit nie, maar na dese stoom hy fluks voort met sy gemeenskapswerk. Dis sy hartklop, vertel hy....more8minPlay
November 11, 2025Sokker in die sneeuDie eindronde van Kanada se premierligasokker is die naweek in die sneeu teen minus 8 grade Celsius gespeel. Daar was uitdagings om die lyne sigbaar te hou, en die doelwagters moes hulle doelhokke met grawe oophou!...more2minPlay
November 10, 2025Troetelpraatjies 10 November 2025Danyelle Fourie van KUSA Trick Dog vertel waar jou hond se vordering met toertjies aanlyn geëvalueer kan word....more8minPlay
November 10, 2025Vat vyf vir natuurbewaring in KougaOmgewingsbewustes in die Kougastreek is verheug oor die vyf natuurreservate aan die kuslyn, wat onlangs geproklameer is. Die aanvoorwerk vir reservate soos die Kabeljauws en Irma Booysen-reservate, kom al oor die dertig jaar, het dr. Wentzel Coetzer, bestuurder omgewingsake van die Greater Kromme Stewardship, aan Mariska Spoormaker gesê....more7minPlay
November 10, 2025Hoe het julle ontmoet 10 November 2025Rudie Rousseau vertel vir Martelize Brink dat Annelie eers by die bruilof gehoor het dat haar eerste blomme van ‘n graf af gekom het!...more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.