Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
November 10, 2025Ongevoelige meegevoel‘n Gesondheidsorgverskaffer in die Amerikaanse deelstaat, Maine, het foutiewelik briewe van meegevoel aan 531 mense se families gestuur, hoewel die mense almal nog geleef het....more2minPlay
November 07, 2025Joce Engelbrecht se kreatiewe leweJoce Engelbrecht is ‘n regisseur by ’n oorklankingsateljee, wat Turkse TV-dramas oorklank. Tussendeur doen sy kinderteater en poppekas. Sy vertel vir Haidee Muller-Isaacs van dié nis wat sy vir haarself uitgekerf het in weerwil van die feit dat sy nooit die geleentheid gehad om verder te gaan studeer nie....more7minPlay
November 07, 2025360 Speseryroete - Deel 105Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor pietersielie, en gee 'n resep vir chimichurri....more8minPlay
November 07, 2025Skaars plante-uitstallingMatt Prinsloo vertel vir Martelize Brink van onder andere sterretjiesgras (Rhodohypoxis), ‘n bolplant uit die Drakensberg, wat gewild is oorsee, maar nie so bekend in Suid-Afrika nie....more7minPlay
November 07, 2025Goud in die gat in die grond‘n Man in Frankryk het ‘n gat vir ‘n swembad gegrawe, en op vyf goudstawe en ‘n klomp goue munte afgekom. Siende dat dit nie ‘n argeologiese terrein is nie, het owerhede hom toegelaat om die sowat R14 miljoen se goud te hou....more2minPlay
November 06, 2025Wilmaré en haar geliefde skoolWilmaré van der Merwe se lewe het baie draaie met haar geloop. Haar skoolloopbaan het in 1996 geëindig by Hoërskool Paarl Gimnasium, en ná vele jare en avonture het sy terug geland in die Paarl by haar geliefde skool, waar sy reeds vir vyf jaar werk. Volgende jaar begin daar 'n nuwe hoofstuk by die skool met 'n nuwe opwindende uitdaging....more7minPlay
November 06, 2025Jonk 6 November 2025Dermatoloog dr. Barbara van der Westhuizen praat oor gelnaels, en of daar moontlike gevare in dié behandeling is....more9minPlay
November 06, 2025Lotery vir 'n grafIn Parys in Frankryk is daar ‘n lotery waar jy kan wen om vir die opknapping van ‘n grafsteen te betaal. Dit gee jou ook die geleentheid om begrawe te word waar onder andere The Doors se Jim Morrison, Oscar Wilde, Edith Piaf en Frederick Chopin se grafte is. Alles kos egter geld....more2minPlay
November 05, 2025Hidroponika is makliker as wat jy dinkAlles het gebeur as gevolg van Covid se vreemde tyd, toe daar meer tyd was vir stilstaan en nuwe projekte uitdink. Dr. Ian Goldie het aan Johan Rademan verduidelik dat amper enige persoon, met ‘n bietjie geduld, hidroponika kan bemeester. Jy kan jou eie stelsel skep om vars vrugte en groente, veral slaai vir die manne, te verbou....more9minPlay
November 05, 2025Afrika se mees suidelike woudMarina Jenkins het vir RSG se 88e verjaarsdag 'n boom in Afrika se mees suidelike woud in die Platbos Woudreservaat geborg. Francois Krige, mede-eienaar van Platbos en hoof van die Tree Liberation Front, vertel hoe dit met RSG se boom gaan, en van sy passie vir herbewouding....more10minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.