Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.... more
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.
October 31, 2025Wie betaal vir die troue?Fransman Dagobert Renouf het sy troue gefinansier deur advertensiespasie op sy tuxedobaadjie te verkoop. Ses-en-twintig ondernemings het spasie gekoop, wat hierdie uitgawe van belasting kan aftrek....more1minPlay
October 30, 2025Jonk 30 Oktober 2025Dr. Ria Smit praat oor die effek van blou lig van foon-, tablet- en rekenaarskerms op jou vel....more8minPlay
October 30, 2025Verloor gewig en wen 'n Porsche!‘n Gimnasium in Binzhou, China, het ‘n omstrede kompetisie, waar 'n Porsche op die spel is vir ‘n deelnemer wat 50 kg in drie maande verloor. Dokters waarsku egter teen só ‘n drastiese gewigsverlies só vinnig....more2minPlay
October 29, 2025Vroue-bemagtigingsprojek in byeboerderyDie werking van ‘n bykolonie is fassinerend, maar waar kom die byekorf vandaan? Johan Rademan het by NAMPO Kaap vasgeloop in Anelda van den Heever, wat uit Montagu uit gaan deelneem het aan die expo....more7minPlay
October 29, 2025Fynkuns, fynbos en vuurEri-Kah van Breda vertel vir Martelize Brink van haar botaniese fynkuns-fotografie, wat fokus op die verhouding tussen fynbos en vuur....more9minPlay
October 29, 2025Die geskiedenis van lipstiffieDr. Mandie Uys vertel vir Martelize Brink van die snaakse geskiedenis van lipstiffie - van Cleopatra se lipstiffie gemaak van fyngemaalde kewers en ‘n sekere seeslak, tot rooi lippe se rol in die Tweede Wêreldoorlog....more8minPlay
October 29, 2025Koskaskenades in Japan‘n Man in Japan het ‘n kosaflewingsplatform mislei, en so 1 095 gratis etes ter waarde van meer as 3,7 miljoen Jen bekom. Hy het 124 rekeninge onder vals name en adresse gehad....more2minPlay
October 28, 2025Êrens oorsee 28 Oktober 2025Riki Small-Smith vertel vir Martelize Brink van die lewe in Madrid, Spanje. Daar eet jy jou tamaties net in seisoen!...more14minPlay
October 28, 2025Cole Wessels laat sosiale media gonsCole Wessels het sy rol in 'n gewilde sepie met soveel oortuiging gespeel, dat daar op sosiale media omtrent oor hom gegons is. Haidee Muller-Isaacs vind meer uit oor wie die mens agter dié talentvolle akteur is, en die impak wat sy rol as die flambojante Tino op kykers gehad het....more9minPlay
October 28, 2025Kleurvolle sokkerbaasLutz Pfannenstiel is nou Aberdeen, die Skotse Premiersokkerklub, se sportdirekteur. Sy pad tot daar klink soos ‘n film. Hy het al ‘n pikkewyn ontvoer. Hy was vir 101 dae in Singapoer in die tronk. Hy was ‘n model vir Armani. Op die sokkerveld is hy al drie keer dood verklaar......more3minPlay
FAQs about Driesestig:How many episodes does Driesestig have?The podcast currently has 5,457 episodes available.