Cobus Potgieter is nie net een van die wêreld se beste drummers nie maar is verseker die vriendelikste musikant op aarde ook. Op skool was hy Glaskas se eerste drummer maar sou nooit kon dink hoe sy lewe verander het nadat hy sy passie 'n kans gegee het nie. Ek het met Cobus gesels oor hoe dit gebeur het dat 'n video van hom waar hy dromme speel viral gegaan het en miljoene hits gekry het asook hoe dit gebeur het dat hy VSA toe verhuis het. Ons het ook gesels oor hy wat saam met Busted deur Europa getoer het, tot waar Justin Bieber se musiekregisseur hom gekontak het vir 'n oudisie vir Justin se toer. Cobus weet hoe om homself te omring met mense wat doen wat hy wil doen asook mense wat beter as hy is sodat hy kan leer by almal. Gaan loer gerus na Cobus se videos op sy Youtube kanaal - https://www.youtube.com/user/deedlebag