Peach van Pletzen is nie net een van ons land se beste vervaardigers en musikante nie maar hy is ook iemand wat sy elke musikale besluit haarfyn beplan. Die uiteenlopendheid van Yesterday's Pupil, Bittereinder en sy nuwe projek Van Pletzen is bewyse dat Peach iemand is wat iets te sê het, en met sy unieke aanslag tot vervaardiging en musiek is hy iemand wat uitstaan in die vermaakwêreld. Maar apart van 'n ongelooflike suksesvolle loopbaan in musiek is Peach ook iemand wat mens 'n ding of twee kan leer oor die lewe. Sy uitkyk op die lewe en unieke sin vir humor is niks minder as inspirerend nie. Ons gesprek het gehandel oor sy loopbaan tot dusver, sy super famous pa asook hoe ons die spirituele aanpak in ons eie lewens.