Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.... more
FAQs about Fiks vir die lewe:How many episodes does Fiks vir die lewe have?The podcast currently has 265 episodes available.
August 29, 2021Fiks vir die lewe 29 Augustus 2021‘n Verslag deur ‘n span Suid-Afrikaanse navorsers sê sowat 3-miljoen Suid-Afrikaners het sedert die begin van die grendeltyd hulle inkomste verloor, en byna die helfte van alle huishoudings in die land sê hulle het die afgelope drie maande honger gely. Die Coronapandemie het veroorsaak dat daar groot nood in gemeenskappe ontstaan het. Hoe kan sulke mense in hierdie tyd gehelp word?...more24minPlay
August 22, 2021Fiks vir die lewe 22 Augustus 2021Dit is nagenoeg een-en-'n-half jaar dat die Coronavirus met ons is. Baie vriende of familie is in die hospitaal of die graf. Genoeg om jou moedeloos te maak. Kan daar iets positief hieruit vloei?...more22minPlay
August 15, 2021Fiks vir die lewe 15 Augustus 2021Dit is opvallend hoeveel bekendes in hierdie tyd sterf. Dit laat die vraag ontstaan wat die impak daarvan op die samelewing, hulle familie en vriende is. Wat is die waarde van ‘n lewe?...more25minPlay
August 08, 2021Fiks vir die lewe 8 Augustus 2021Al hoe meer mense verloor hulle werk, besighede sluit en depressie en angs neem toe. Flip Loots praat met dr. Gustav Gous oor emosionele moegheid, onsekerheid en depresssie in die pandemietyd....more24minPlay
August 01, 2021Fiks vir die lewe 1 Augustus 2021Grendeltyd. Beperkte verkoopsure. Mense in hospitale. Doodskiste wat opraak. Alles nuwe begrippe, nuwe belewenisse wat Covid soos ‘n woestynpad voor my laat uitstrek. Hoe hanteeer ek dit?...more24minPlay
July 25, 2021Fiks vir die lewe 25 Julie 2021Daar is reeds in Suid-Afrika meer 66,000 mense dood as gevolg van Covid-verwante oorsake. In baie gevalle is dit ouer mense wat eensaam gesterf het, maar grootmense en kinders maak ook deel van dié getal uit. Begrafnisondernemers kan nie byhou met begrafnisdienste nie. Daar is bykans niemand wat nie weet van iemand of ‘n familielid het wat reeds aan Covid gesterf het nie. So baie dood om jou - hoe hanteer jy dit?...more24minPlay
July 18, 2021Fiks vir die lewe 18 Julie 2021Wat ‘n opwindende tyd in hulle lewe moes wees ná skool en op universiteit, het vir baie jongmense in ‘n nagmerrie van onsekerheid en frustrasie ontaard vanweë die Covid-pandemie en -regulasies. Die omstandighede waarin die jeug tans moet leef is nie altyd so positief nie. Wat kan ons daaraan doen?...more21minPlay
July 11, 2021Fiks vir die lewe 11 Julie 2021Elke mens ervaar die baie veranderings waarmee hulle te doene kry: van skool na universiteit; van studies na ‘n vaste werk; van ongetroud na getroud; van gesond na siek. En dan moet koersaanpassings gemaak word, soos ook nou tydens die pandemie in baie gevalle gebeur. Sommige koersaanpassings is maklik, ander moeilik en selfs traumaties. Hoe doen ‘n mens dit?...more23minPlay
July 04, 2021Fiks vir die lewe 4 Julie 2021Iemand sê nou die dag: “Dit voel my in hierdie Corona-tyd of ek soos ‘n kar met dompligte is – ek sien net hier voor my. Ek kan nie meer vooruit dink of beplan nie.” Hoe gemaak wanneer daar skynbaar nie veel stabiele vooruitsigte is vir mense om hulle lewe vooruit te beplan nie? Hoe ver strek die meeste mense se toekomsvisie in hierdie tyd?...more23minPlay
March 28, 2021Fiks vir die lewe 28 Maart 2021Dit lyk soms of ‘n wolk van swaarmoedigheid oor mense hang as gevolg van die pandemie, werksverliese, geliefdes wat oorlede is, en baie ander redes. Hoe kan ek in hierdie omstandighede gelukkig lewe?...more24minPlay
FAQs about Fiks vir die lewe:How many episodes does Fiks vir die lewe have?The podcast currently has 265 episodes available.