Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Pak die lewe positief en vol energie aan. Daar word gesels oor sake wat mens soms loodvoetig en moedeloos maak en hoe om dit te hanteer.... more
FAQs about Fiks vir die lewe:How many episodes does Fiks vir die lewe have?The podcast currently has 265 episodes available.
March 21, 2021Fiks vir die lewe 21 Maart 2021Die noodkreet van baie mense is hartverskeurend: geen inkomste nie, geen geld nie, kan nie die huishuur betaal nie, ek kan nie meer oorleef nie. Waar gaan soek sulke mense hulp en hoe kan hulle steeds positief bly? Watter praktiese raad is daar vir hulle?...more23minPlay
March 14, 2021Fiks vir die lewe 14 Maart 2021In die onseker tyd van Covid-19 verloor baie mense hulle entoesiasme en lus vir die lewe. Sommiges voel of hulle lewe tot stillstand gekom het sonder enige toekomsbeplanning. Hoe kan ek steeds die beste van my lewe maak?...more24minPlay
March 07, 2021Fiks vir die lewe 7 Maart 2021Dinge verander vinnig in die pandemie-tydperk: Plekname verander oornag; Ek is my werk kwyt; Die aantal mense wat kerkdienste en begrafnisse mag bywoon, fluktureer; My bewegings binne of buite die huis word gereguleer; Daar word besluit wat ek wanneer mag koop en wanneer nie. Hoe hanteer ek dit?...more24minPlay
February 28, 2021Fiks vir die lewe 28 Februarie 2021Tydens die inperking was mense baie meer in mekaar se geselskap. In die proses het hulle mekaar beter leer ken, of hulle wou of nie. Weet ander regtig wie ek is en hoe om my te hanteer, of bou ek steeds mure om my?...more24minPlay
February 21, 2021Fiks vir die lewe 21 Februarie 2021Van die hartseerste kommentaar wat tydens die Covid-19-pandemie gehoor word, is dat mense onverwags afskeid moes neem van ‘n geliefde, dikwels as gevolg van die dood. Daarom moet elke geleentheid saam gekoester word asof dit die laaste keer saam is....more24minPlay
February 14, 2021Fiks vir die lewe 14 Februarie 2021‘n Mens lees amper daagliks daarvan in koerante of sien dit op televisie: mense wat in die pandemie-tydperk sterf, en die pynlike reaksie van hulle geliefdes daarop. In baie gevalle kom die dood onverwags. Maar of dit nou in hierdie tyd van die pandemie is of in enige ander tyd - die dood van ‘n geliefde bly moeilik om te verwerk. Hoe doen ‘n mens dit?...more25minPlay
February 07, 2021Fiks vir die lewe 7 Februarie 2021Foto’s in koerante en beeldmateriaal op televisie het gewys hoe mense na Kaapse strande stroom, ongeag die beperkings daarop. In onderhoud sê hulle dat hulle nie saamstem met die beperkings nie, en sal doen wat hulle wil. Hoe korrek is sulke optrede?...more24minPlay
January 31, 2021Fiks vir die lewe 31 Januarie 2021Die Covid-19-pandemie hou baie uitdagings in. Daar is nie net kommer oor die welstand van gesondheidswerkers en pasiënte nie, maar veral oor die eensaamheid wat kwarantyn en langdurige siekbed veroorsaak. Hoe kan sulke mense ondersteun word?...more24minPlay
January 24, 2021Fiks vir die lewe 24 Januarie 2021Watter kant toe nou? Ek is onseker oor my toekoms. Dit is enkele reaksies van jongmense midde-in die pandemie wat hulle toekomsbeplanning in die wiele ry. Hoe gemaak om sinvol die omstandighede te hanteer en steeds gemotiveerd anderkant uit te kom? Flip Loots praat hieroor met dr. Ivor Swartz, jeugleraar by die NG Kerk Oosterlig....more22minPlay
January 17, 2021Fiks vir die lewe 17 Januarie 2021Grendeltyd. Beperkte verkoopsure. Maskers en sosiale afstand. Mense in hospitale. Doodskiste wat opraak. Alles nuwe begrippe, nuwe belewenisse wat Covid-19 soos ‘n woestynpad voor my laat uitstrek. Hoe kom ek anderkant uit?...more24minPlay
FAQs about Fiks vir die lewe:How many episodes does Fiks vir die lewe have?The podcast currently has 265 episodes available.