Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 11 Julie 2023
    Johan van Lill praat met Jan Niemand, ‘n lewensafrigter, oor doelwitstelling. Wat is die moets en moenies met doelwitte vir jou lewe? Hoe onderskei jy tussen haalbare en onhaalbare doelwitte? Hoe pak jy dinge aan wat groot veranderinge in jou lewe vereis?
    41 min
  • Geestesgesondheid 4 Julie 2023
    Johan van Lill praat met dr. Francois Hanekom, ‘n verhoudingsterapeut, oor wat verhoudingsterapie behels. Wat is die redes oor hoekom paartjies en mense in ‘n verhouding soms terapie nodig het, en hoe werk dit?
    43 min
  • Geestesgesondheid 13 Junie 2023
    Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater en persoonlikheidsprofielkenner, oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op kwesbaarheid (vulnerability) en praat spesifiek oor waarom kwesbaarheid nodig is, en wat gebeur as mens nie kwesbaarheid toelaat nie. Wat is die verskil tussen swakheid en kwesbaarheid, en hoe kan ‘n mens gelyktydig sowel sterk as kwesbaar wees?
    38 min
  • Geestesgesondheid 30 Mei 2023
    Johan van Lill praat met Lizette Volkwyn, ‘n menslike leuenverklikker, oor leuens, misleiding en bedrog. Hoe kan jy jouself die beste toerus om dit te hanteer wanneer dit jou lewe voorkom?
    47 min
  • Geestesgesondheid 23 Mei 2023
    Johan van Lill fokus op depressie, en ons luister na ‘n paar TED Talks oor hierdie aspek van geestesgesondheid. Johan verduidelik die konteks van elke praatjie, en hoe dit jou met jou geestesgesondheid kan help.
    44 min
  • Geestesgesondheid 16 Mei 2023
    Johan van Lill praat verder met psigiater dr. Chris van den Berg oor mans se geestesgesondheid. Soms kom ons op 'n kruispad in die lewe waar ons 'n belangrike besluit moet neem oor ons geestesgesondheid. Hoe maak jy hierdie keuse?
    41 min
  • Geestesgesondheid 9 Mei 2023
    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor geestesgesondheidskwessies by kinders. Hoe kan ouers, versorgers en skole hulle geestesgesondheid ondersteun?
    44 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.