Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe om ‘n gewoonte te maak daarvan om gelukkig te wees. Watter rol speel groei, leer en selfontwikkeling in lewensgeluk?
Johan van Lill praat met beradingsielkundige dr. Frank Benadé oor die impak wat geestesgesondheidsuitdagings op verhoudings het. Hoe kan mense in ‘n verhouding saamwerk om 'n veilige en gemaklike omgewing vir beide individue te skep?
Johan van Lill praat met Lynette Beer, ‘n lewensafrigter, inspirasie-spesialis en persoonlikheidskenner, oor geluk in moeilike tye. Kan swaarkry jou lewensgeluk van jou wegneem? Hoe kan ek steeds gelukkig wees al gaan dinge swaar?
Johan van Lill praat verder met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater van Stellenbosch, oor mans se geestesgesondheid. Hulle fokus op beskermingsmeganismes, en hoe om dit te hanteer as dit ‘n probleem word.
Johan van Lill praat met maatskaplike werker Jaques Botes oor trauma. Wat is trauma, en hoe kan mens dit die beste hanteer vir jou langtermyn geestesgesondheid?
Johan van Lill praat met dr. Jan Niemand, 'n lewensafrigter, oor wat lewensafrigting is, en watter verskil dit in jou lewe en geestesgesondheid kan. Wat is die verskil tussen lewensafrigting en terapie?
Johan van Lill praat met dr. Jannie le Roux, bekende inspirasie-spreker en skrywer, oor goeie kommunikasie in verhoudings. Hoekom verstaan ons mekaar so dikwels verkeerd? Watter rol speel effektief-luister in verhoudings?
Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans se geestesgesondheid. Hoe leer jy om jouself te beskerm om nie weer seer te kry nie?
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor wat om te doen as jy en jou kinders glad nie van mekaar hou of oor die weg kom nie. Wat maak ‘n mens as jou lewensmaat nie ‘n goeie verhouding met die kinders het nie, en jy het? Wat is die impak van problematiese ouer en volwasse kindverhoudings op gesinne en families?
42 min
About Geestesgesondheid
From the publisher's feed
Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.