Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 13 Desember 2022
    Johan van Lill praat met Anina Koekemoer, ‘n loopbaanbreier, oor die impak wat werksgeluk en werksbevrediging op jou geestesgesondheid het. Hoe gemaak as ek nie meer gelukkig is met my werk of beroep nie, en as ek voel dit bring nie die beste in my uit nie?
    42 min
  • Geestesgesondheid 6 Desember 2022
    Johan van Lill praat met menseregteprokureur Nadine Blom oor geweld teenoor vroue en kinders, en hoe dit jou geestesgesondheid kan beïnvloed. Hulle kyk na verskillende vorme van geweld en hoe dit subtiel mens se geestesgesondheid kan ondermyn.
    44 min
  • Geestesgesondheid 22 November 2022
    Johan van Lill praat met André Vlok, ’n konflikkenner. Ons gaan binnekort die feestyd in, en baie keer sit families en gesinne dan om die tafel. Saam met die lekker kuier en opvang, ontstaan daar ook baie keer konflik. Hoe kan ek hierdie konflik hanteer?
    43 min
  • Geestesgesondheid 15 November 2022
    Johan van Lill praat met kliniese pastorale terapeut Theunis Botha oor vergifnis. Is dit moontlik om iemand te vergewe, of leer mens net om saam te leef met wat gebeur het? Wat is die proses om iemand te vergewe? Hoekom is dit vir sekere mense makliker om mense te vergewe as vir ander? Hoe verhoed ek dat ek bitter raak oor alles wat met my gebeur het of wat mense aan my gedoen het?
    43 min
  • Geestesgesondheid 25 Oktober 2022
    Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat borskanker op geestesgesondheid het. Sy vertel van haar pad met borskanker, en gee wenke oor hoe jy en jou geliefdes die pad met kanker kan stap, en watter ondersteuningstelsels jy nodig het om dit te kan hanteer.
    43 min
  • Geestesgesondheid 18 Oktober 2022
    Johan van Lill praat met Fanie Kriel oor hoekom Oktober, wat veronderstel is om die mooiste maand te wees, vir soveel mense ‘n moeilike maand is. Wat is ‘n seisonale steurnis, en hoe kan ek hierdie uitdaging oorkom? Baie mense beleef konflik, swaarmoedigheid, uitsigloosheid en moedeloosheid hierdie tyd van die jaar. Is daar ‘n wetenskaplike verklaring hiervoor?
    44 min
  • Geestesgesondheid 11 Oktober 2022
    Johan van Lill praat met dr. Louisa Stoker, ‘n familieberader, oor hoekom sommige mense gewilder en meer geliefd is as ander. Waarom hou mense dadelik van iemand, en daardie persoon klim dan soveel makliker die suksesleer as ander? Is dit anders vir introverte as ekstroverte? Wat is daardie x-faktor? Word dit deur jou geestesgesondheid beïnvloed?
    43 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.