Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 21 Februarie 2023
    Johan van Lill praat met Susan Swanepoel, ‘n fasiliteitsbestuurder by ‘n versorgingsoord vir demensie- en Alzheimerpasiënte, oor die uitdagings vir die pasiënt en die familie wat saam met hierdie siekte leef. Watter rol kan ‘n versorgingsoord speel as jy dit kan bekostig in die versorging van ‘n geliefde met Alzheimers.
    43 min
  • Geestesgesondheid 7 Februarie 2023
    Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor neurodiversiteit in die werkplek. Wat is die uitdagings? Hoe kan neurodiversiteit bevorder word? Wat kan werknemers en werkgewers doen om die werkplek vir almal meer toeganklik en gemaklik te maak?
    46 min
  • Geestesgesondheid 31 Januarie 2023
    Johan van Lill praat met Madre Fraenkel, ‘n arbeidsterapeut en kenner van demensie, oor die uitdagings van Alzheimers vir die pasiënt, en veral die familie. Wat is die moeilike besluite wat deur die loop van die siekte geneem moet word, en wie kan jou op die pad bystaan?
    50 min
  • Geestesgesondheid 24 Januarie 2023
    Johan van Lill praat met dr. Chris van den Berg, ‘n psigiater, oor hoe ‘n man se psige ‘n pad kan vind na geestesgesondheid, veral wanneer die manier waarop jy elke dag oorleef het, later in jou lewe nie meer werk werk nie, maar ‘n las word.
    45 min
  • Geestesgesondheid 17 Januarie 2023
    Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor selfdood onder tieners en jong mense. Is daar hoegenaamd tekens dat jou tiener dit oorweeg? Hoe hanteer ‘n mens ‘n selfdoodpoging in jou gesin?
    44 min
  • Geestesgesondheid 10 Januarie 2023
    Johan van Lill vertel van ’n paar TED Talk-praatjies wat jou kan inlig, inspireer en jou lewe verryk. Die praatjies fokus daarop om jou met geestesgesondheidsuitdagings te help, en is boonop gratis. Die temas sluit in hoe om jou kwesbaarheid in die lewe tot jou voordeel te gebruik, om nie in stilte te ly as jy geestesgesondheidsuitdagings het nie, wat om te doen as jy gestres is, en hoe om slegte gewoontes te oorkom.
    42 min
  • Geestesgesondheid 3 Januarie 2023
    Johan van Lill praat met met dr. Chris van den Berg, 'n psigiater, oor mans se geestesgesondheid. Wat is die uitdagings wat spesifiek mans se geestesgesondheid raak, en watter hulp is daar?
    42 min
  • Geestesgesondheid 27 Desember 2022
    Johan van Lill gesels met twee kenners oor tieneruitdagings. In die eerste gedeelte word daar gefokus op moeilike tieners en hulle gedragsuitdagings. Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale berader, gee raad. In die tweede gedeelte gesels Lynette Beer oor tieners se temperamente en hoe kennis hiervan jou kan help om jou tiener beter te verstaan.
    45 min
  • Geestesgesondheid 20 Desember 2022
    Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor vriendskappe. Hierdie tyd van die jaar is soveel mense alleen en baie bewus van hulle eensaamheid. Watter rol speel vriendskappe as dit by eensaamheid kom?
    48 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.