Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 26 Julie 2022
    Johan van Lill praat met Lynette Beer, 'n skrywer, pastoor, motiveringspreker en verhoudingspesialis, oor hoe om dit te hanteer wanneer mense vir jou sê: “maar gryp net die dag”, “doen soveel jy kan” of “lewe asof dit vandag jou laaste dag is”. Vir mense wat met geestesgesondheid sukkel, is dit net olie op die vuur. Watter rol speel jou temperament hierin?
    44 min
  • Geestesgesondheid 19 Julie 2022
    Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor slim mense. Wat is die eienskappe van slim mense, en kan jy jou jouself slimmer maak? Baie mense dink hulle is slim, gemiddeld of selfs dom. Die waarheid is, dat met die regte tegnieke, kan jy jou potensiaal bereik.
    47 min
  • Geestesgesondheid 5 Julie 2022
    Johan van Lill praat met ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager oor die lewensreis wat ons met ons sintuie en sintuigelike sitelsels het, en hoe dit ons gemoed en geestesgesondheid kan beïnvloed.
    46 min
  • Geestesgesondheid 28 Junie 2022
    Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat jou te doen staan wanneer jy voel dat alles om jou buite beheer is. Jou gesinslewe, werk, beurtkrag en vele ander dinge maak dit vir jou onmoontlik om dinge te organiseer en te laat werk. Hoe gemaak as jy voel jy is buite beheer?
    44 min
  • Geestesgesondheid 21 Junie 2022
    Johan van Lill praat oor gesinsverhoudinge met Lezinda Beer, 'n pastorale berader en jeugwerker. Die wêreld het die afgelope paar jaar baie verander, en dit het ‘n geweldige impak gehad op hoe gesinne funksioneer en daarmee saam ook die verhoudinge onderling met mekaar. Die rol wat elkeen in ‘n gesin speel, is nou meer belangrik as ooit.
    43 min
  • Geestesgesondheid 14 Junie 2022
    Johan van Lill praat oor spanning en stres met dr. Deon Bruwer, 'n pastorale berader, en dr. ST Potgieter, 'n kliniese sielkundige. Terwyl stres ‘n normale deel van die lewe is, is te veel stres skadelik vir jou liggaamlike en geestelike welstand. Gelukkig is daar baie maniere om stres te hanteer, en daar is effektiewe behandelings vir angs en depressie wat daarmee verband hou.
    44 min
  • Geestesgesondheid 7 Junie 2022
    Johan van Lill kyk na uitstel en afstel. Ons vermy dikwels dinge wat ons weet ons moet of behoort te doen. Hoe oorkom ek die nare gewoonte van uitstel? En is dit regtig so sleg as jy ‘n uitsteller is?
    41 min
  • Geestesgesondheid 31 Mei 2022
    Johan van Lill praat met Clyde Schroeder, 'n maatskaplike werker by Ramot Rehabilitasie-kliniek, oor verslawing en spesifiek die rol wat instaatstellers in die lewe van ‘n verslaafde speel. Wat is die impak op die mense om die verslaafde? Hoe moet hulle optree en saam met die verslaafde leef?
    43 min
  • Geestesgesondheid 24 Mei 2022
    Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige, Elzette Fritz, oor angs, stres, trauma en post-traumatiese stres. Noudat ons weer stadigaan terugkeer na die lewe voor die pandemie, praat al hoe meer mense oor die impak wat trauma, angs en stres op hulle lewe het. Hoe bly ons geestesgesond in hierdie tye?
    45 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.