Wil jou kind nie eet wat jy vir hom of haar gee nie? Eet jou kind dalk te veel? Sit julle as gesin om die tafel, of eet elkeen waar hulle wil, wanneer hulle wil? Dieëtkundige Maya Naumann verduidelik wat die ouer se verantwoordelikheid is met voeding kom, en wat die kind se verantwoordelikheid is.
Christelle Webb-Joubert praat met dieëtkundige Maya Naumann oor hoe gesonde eetgewoontes baie verder strek as net die liggaam. Mense wat emosioneel gesond is, eet ook gesonder, want dieselfde eienskappe wat jy nodig het om na jou geestesgesondheid om te sien, gebruik jy om gesond te eet.
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige dr. Johan Ferreira oor die verskillende soorte sielkundiges, en die verskil tussen ‘n psigiater, sielkundige en berader.
Christelle Webb-Joubert praat met fisioterapeut Laurel Doman oor hoe jou storie, of die emosionele gebeure in jou lewe, ‘n fisiologiese invloed op jou liggaam het.
Christelle Webb-Joubert praat met sielkundige Luricka Fick oor nuwejaarsvoornemens. Waarom gebeur dit so dikwels dat mens nie die voornemens nakom nie?