Geestesgesondheid

Geestesgesondheid

Download on the App Store

Geestesgesondheid episodes

  • Geestesgesondheid 17 Mei 2022
    Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor hoe jy jou brein lewenskragtig kan hou. Wat is geestelike higïene? Is daar pille wat jou brein beter kan laat funksionieer, en jou meer suksesvol kan maak?
    40 min
  • Geestesgesondheid 10 Mei 2022
    Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin en Fanie Kriel, 'n kliniese pastorale terapeut, oor veerkragtigheid – die vermoë om terug te kan bons as jou lewe omver gegooi word deur trauma of iets wat gebeur het. Hoe kry jou jouself om weer te floreer en om dit wat met jou gebeur het, as ‘n geleentheid vir groei te sien?
    45 min
  • Geestesgesondheid 3 Mei 2022
    Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous, navorser en kundige oor die werking van die brein, oor die Dunning-Kruger-effek. Hoekom is dit so dat hoe meer jy van iets leer of ervaring het, hoe minder voel jy of dit so is? Hoe beïnvloed dit jou geestesgesondheid?
    34 min
  • Geestesgesondheid 26 April 2022
    Johan van Lill fokus op volwassenes met ADHD. Carlo Keyser, ‘n hoogs suksesvolle entrepreneur, vertel hoe hy elke dag daarmee saamleef. Prof. Renata Schoeman, 'n psigiater met 'n spesifieke belangstelling in ADHD en ADD, praat oor al die aspekte in 'n mens se lewe wat hierdeur geraak word.
    43 min
  • Geestesgesondheid 19 April 2022
    Hoe gemaak as my lewe anders uitdraai as wat ek gehoop, gedink of gedroom het? Het die seerkry op jou lewenspad, en wat jy graag wou hê of bereik, ‘n vernietigende impak op jou lewe gehad?. Johan van Lille se gas is Johannes de Villiers, 'n skrywer, mindfulness-afrigter en oudjoernalis.
    40 min
  • Geestesgesondheid 12 April 2022
    Johan van Lill kyk na uitsigloosheid. Hoe gemaak as jy voel dat alle deure in die lewe vir jou toeklap? Hoe hou jy jouself regop, en waar begin jy om weer jou lewe se stukke op te tel? Opvoedkundige sielkundige Quinton Adams is die gas.
    46 min
  • Geestesgesondheid 5 April 2022
    Johan van Lill kyk na die impak wat kinders met leer- en ontwikkelingsprobleme of neurologiese uitdagings het op ouers se geestesgesondheid. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, gee raad oor hoe om dit nie net tot voordeel van jou eie geestesgesondheid te hanteer nie, maar ook sodat jou verhouding(s) nie daaronder ly nie.
    44 min
  • Geestesgesondheid 29 Maart 2022
    Dit is Christelle Webb-Joubert se laaste keer as aanbieder van Geestesgesondheid. In die program gee vyf van haar gereelde gaste wenke en deel wysheid oor hoe om geestesgesond te bly in die toekoms.
    43 min
  • Geestesgesondheid 15 Maart 2022
    Fisioterapeut Laurel Doman praat oor die verskillende soorte stres en trauma. Sy gee ook raad oor hoe jy jouself kan help as jy nie die vermoë het om by ‘n sielkundige uit te kom nie.
    49 min

About Geestesgesondheid

From the publisher's feed

Christelle Webb-Joubert gesels met verskeie kenners oor relevante aspekte van geestesgesondheid.