Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Aktuele kerk- en geloofsvrae waaroor mense praat, maar waaroor daar soms misverstande en onkunde heers, word bespreek.... more
FAQs about Geloof wat grondvat:How many episodes does Geloof wat grondvat have?The podcast currently has 78 episodes available.
April 11, 2021Geloof wat grondvat 11 April 2021'n Onlangse opname deur die Universiteit van Johannesburg en die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat ‘n groot aantal mense nié die inenting teen die Corona-virus wil hê nie. Van die redes is onder andere vrae oor die inhoud van die entstof, asook die relatief kort tyd waarin dit ontwikkel is. Hoe nou gemaak?...more24minPlay
April 04, 2021Geloof wat grondvat 4 April 2021Die sanger Bono het gesê: “Die opstanding was toe die heelal in die lewe van een Man ontplof het. Niks was daarna ooit weer dieselfde nie.” Tog het daar deur die jare baie nuwe Paasgebruike ontstaan soos paashase enpaaseiers. In hoeverre pas dit in by die Paasherdenking en -vierings?...more23minPlay
December 27, 2020Geloof wat gronddvat 27 Desember 2020Baie mense het vrae oor God se teenwoordigheid tydens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande sterftes. Waar is God nou? Draai Hy sy gesig weg van die wêreld met sy krisisse? Hoekom laat Hy die verskriklike pandemie los oor die aarde? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Alphonso Groenewald....more25minPlay
December 20, 2020Geloof wat grondvat 20 Desember 2020Oor enkele dae vier Christene wêreldwyd Kersfees om die geboorte van Jesus Christus te herdenk. Tog is daar baie vrae oor hierdie gebruik, en is daar selfs diegene wat beweer dat Kersfees in geheel geskrap moet word omdat dit heidense wortels het. Hoe nou gemaak? Moet ons Kersfees vier of nie? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Hennie Stander....more25minPlay
December 13, 2020Geloof wat grondvat 13 Desember 2020Hulle is veronderstel om saam te staan, saam te werk en saam te glo, veral Christelike kerke. Maar gebeur dit so, of is daar min sigbaar van die sogenaamde eenheid tussen lidmate in ‘n gemeente en kerke onder mekaar vanweë onverkwiklike konflikte? Hoe kan so iets hanteer word? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en ds. Peter Adams....more25minPlay
December 06, 2020Geloof wat grondvat 6 Desember 2020Baie mense wonder waarom daar so baie pyn en lyding in die wêreld is. Is God dan nie in beheer nie? Kan Hy dit nie keer nie? Waarom is daar motorongelukke, verkragting, moord en ongeneeslike siektes? Waar is God in alles? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en ds. Trevor Links....more25minPlay
November 29, 2020Geloof wat grondvat 29 November 2020Met die Covid-19-pandemie in volle swang, is daar baie Christene wat meen dat Openbaring daarop wys dat ons naby die einde van die wêreld is. Hoe korrek is dit? Hoe relevant is Openbaring vir mense van die 21ste eeu? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Jan du Rand....more25minPlay
November 22, 2020Geloof wat grondvat 22 November 2020Deur die eeue is daar verskeie vertalings van die Bybel gemaak. Daat het pas weer een in Afrikaans verskyn. Is dit nodig vir nog ‘n Bybelvertaling? Sê die ander nie reeds genoeg om te weet nie? Of is die ander vertalings verkeerd? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en prof. Andries Breytenbach, een van die vertalers....more24minPlay
November 15, 2020Geloof wat grondvat 15 November 2020Met die verskeidenheid kerke en godsdiensgroepe in die land, is die vraag nie net oor hulle bestaansreg nie, maar ook op watter manier dit dalk moontlik mag wees vir hulle om saam te werk. Flip Loots praat met prof. Christina Landman en dr. Jacques Beukes oor samewerking tussen kerke en godsdiensgroepe....more25minPlay
November 08, 2020Geloof wat grondvat 8 November 2020Die Kerk moet hulp verleen aan behoeftiges en ander in nood, maar wat nou as die Kerk nie geld daarvoor het nie? Mag die Kerk ‘n winsgewende besigheid bedryf om geld in te samel? Flip Loots vra aan prof. Christina Landman en ds. Stephen de Beer of die kerk en besigheid saam kan bestaan....more23minPlay
FAQs about Geloof wat grondvat:How many episodes does Geloof wat grondvat have?The podcast currently has 78 episodes available.