Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Aktuele kerk- en geloofsvrae waaroor mense praat, maar waaroor daar soms misverstande en onkunde heers, word bespreek.... more
FAQs about Geloof wat grondvat:How many episodes does Geloof wat grondvat have?The podcast currently has 78 episodes available.
November 01, 2020Geloof wat grondvat 1 November 2020Deur die eeue heen was engele deel van Bybelse verhale. Mense glo ook in ‘n beskermengele, terwyl daar selfs diegene is wat meen dat kindertjies wat sterwe, engele word in die lewe hierna. Maar is daar wesens soos engele?...more23minPlay
October 25, 2020Geloof wat grondvat 25 Oktober 2020Sommige mense meen dat kerkbywoning op Sondae ‘n vervelige besigheid is met die prediker wat ‘n monoloog lewer. Ander voel dat mense net kerk toe kom om mooi klere te wys en ander te beskinder. Is die kerk en kerkbywoning besig om uit te sterf? Flip Loots wil by prof. Christina Landman en Tanya Pieterse weet wie gaan nog kerk toe....more25minPlay
October 18, 2020Geloof wat grondvat 18 Oktober 2020Hoe dikwels moet ek iemand wat my benadeel het, vergewe? Die Bybel leer: sewentig maal sewe keer, d.w.s. amper ontelbare kere. Maar is dit so maklik? Moet ek nie maar net aanvaar wat gebeur het en weer aangaan met my lewe nie? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en dr. Eugene Baron....more25minPlay
October 11, 2020Geloof wat grondvat 11 Oktober 2020Met die Covid-beperkings waar die regering kerke verbied het om bymekaar te kom vir eredienste, het die vraag van die verhouding tussen kerk en staat opnuut na vore gekom: wie is baas en wie is klaas? Flip Loots praat met prof. Christina Landman en dr. Wouter van Wyk oor die verhouding tussen Kerk en regering....more25minPlay
October 04, 2020Geloof wat grondvat 4 Oktober 2020Vyfjarige kinders wat dwelms gebruik. Ouers met hulle hande in die hare wat nie weet wat om te doen nie. Is daar hoop? Het die kerk ‘n antwoord? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en dr. Jo Viljoen....more24minPlay
September 29, 2019Geloof wat grondvat 29 September 2019Die een ding waarvan almal weet, maar waaroor min gepraat word, is die hel. Wat sê die kerk hieroor, en hoe sien mense die hel? Flip Loots praat in die laaste program van hierdie reeks hieroor met prof. Christina Landman en prof. Rothney Tshaka, beide van UNISA....more25minPlay
September 22, 2019Geloof wat grondvat 22 September 2019Wanneer jy iemand vra waarom hulle besluit het om ‘n predikant te word, is die antwoord gewoonlik: “Ek voel ek is daartoe geroep deur die Here.” Wat behels predikantskap? En meer nog, wat is die verwagtings wat lidmate van ‘n kerk van hulle dominee, pastoor of leraar koester?...more26minPlay
September 15, 2019Geloof wat grondvat 15 September 2019Het vroue ‘n leiersrol te speel in die kerk as kerkraadslid en selfs prediker? Daar is mense wat sê dat volgens die Bybel, vroue hulle in stilte moet laat leer, en sy mag nie oor ‘n man heers nie. Hoe dink mense op straat hieroor? En en wat sê die geleerdes?...more26minPlay
September 08, 2019Geloof wat grondvat 8 September 2019Die een onderwerp waaroor kerkmense baie praat, en dikwels verskil, is die doop. Is die doop regtig so belangrik, en kan jy ‘n Christen wees sonder om gedoop te wees?...more24minPlay
September 01, 2019Geloof wat grondvat 1 September 2019Ons hoor van kerke wat hulle naam verander na Familiekerk, om daarmee te sê dat families en gesinne by hulle welkom is. Maar is dit regtig so, en is kerke daarop ingestel om families groot en klein, te akkomodeer? Is gesinne nog so geheg aan die kerk? En hoe reik die kerk uit na gesinne? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en ds. Elize Julies....more25minPlay
FAQs about Geloof wat grondvat:How many episodes does Geloof wat grondvat have?The podcast currently has 78 episodes available.