Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Aktuele kerk- en geloofsvrae waaroor mense praat, maar waaroor daar soms misverstande en onkunde heers, word bespreek.... more
FAQs about Geloof wat grondvat:How many episodes does Geloof wat grondvat have?The podcast currently has 78 episodes available.
August 25, 2019Geloof wat grondvat 25 Augustus 2019Volgens die SA Nasionale Raad teen Alkohol- en Dwelmmisbruik neem dwelmmisbruik geweldig toe, veral onder jongmense. Die gemiddelde ouderdom wanneer kinders met dwelms begin eksperimenteer, is 12 en selfs jonger. Hoe hanteer die kerk hierdie situasie?...more25minPlay
August 18, 2019Geloof wat grondvat 18 Augustus 2019Dat daar steeds nuwe wetenskaplike bevindings is, kan nie betwyfel word nie. Maar wat nou gemaak wanneer dit skynbaar Bybelse tekste en die tradisionele Christelike geloof weerspreek? Flip Loots praat met prof. Christina Landman en assosiaatprofessor en leraar van die Metodiste Kerk, Wessel Bentley, oor die kerk en die wetenskap....more25minPlay
August 11, 2019Geloof wat grondvat 11 Augustus 2019Vir dekades reeds is kerke deur middel van kapelane betrokke by die weermag. Hoe gewensd is hierdie betrokkenheid, en wie doen aan wie verslag? Wie is baas en wie is klaas? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en kapelaan Trevor Links....more25minPlay
August 04, 2019Geloof van grondvat 4 Augustus 2019Kerke glo dat om suiwer kerk te wees, moet die tug of sensuur toegepas word op lidmate wat in een of ander opsig iets doen of sê wat nie volgens hulle oordeel aan Bybelse norme voldoen nie. Maar hoe voel mense daaroor?...more26minPlay
July 28, 2019Geloof wat grondvat 28 Julie 2019Selfdood is nie ‘n saak wat ligtelik opgevat kan word nie. Is daar hoop vir iemand wat selfdood oorweeg, en hoe hanteer die kerk dit?...more25minPlay
July 21, 2019Geloof wat grondvat 21 Julie 2019“Tot die dood ons skei,” lui die trouformulier in die kerk. Maar hoe nou gemaak as die moeilikheid begin voor die dood kom, en daardie huwelik vol krake is. Is egskeiding ‘n opsie of is dit ‘n onvergeeflike sonde in die oë van God?...more26minPlay
July 14, 2019Geloof wat grondvat 14 Julie 2019Die groot misterie van die lewe is of daar lewe na die dood is. Indien wel, hoe lyk dit daar? Sal mense mekaar herken? Hoe lyk God? Flip Loots praat hieroor met prof. Christina Landman en dr. Isak Burger....more26minPlay
July 07, 2019Geloof wat grondvat 7 Julie 2019Baie mense wonder of dit dislojaal teenoor hul eie kerke is om ander geloofsgemeenskappe te besoek. En sal sulke besoeke nie dalk hulle eie oortuigings deurmekaar krap nie?...more25minPlay
FAQs about Geloof wat grondvat:How many episodes does Geloof wat grondvat have?The podcast currently has 78 episodes available.