Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Hier sal jy elke Sondag se erediens kan luister, waar ons die Woord van God ondersoek.Of jy 'n aktiewe lid van die gereformeerde gemeenskap is of net nuuskierig is oor ons erediens, hierdie podcast i... more
FAQs about Gereformeerde Kerk Kaapstad Eredienste:How many episodes does Gereformeerde Kerk Kaapstad Eredienste have?The podcast currently has 63 episodes available.
December 31, 2023Erediens 2023-12-31 | Die gelykenis van die vyeboomErediens 2023-12-31 | Die gelykenis van die vyeboom...more31minPlay
December 25, 2023Erediens 2023-12-24 | Maak die poorte groter🙌😇🙏✝️🔥❤️🔥Maak die poorte groter. Die Koning kom in!(Ps 24:7,9)Wie is Koning Jesus?Wie is Hy wat in menswees inkom?Wie is Hy wat in my lewe inkom?Verwag ek nie dalk te min, dink te klein van Hom nie?...more32minPlay
December 19, 2023Erediens 2023-12-17 | Mede Lyeɱҽԃҽʅყҽ(Heb 4:15)Die Sondae rondom Kersfees dink ons oor:Waar ontmoet ons Jesus?Die vorige twee Sondae het ons nagedink oor...* in sy menslikheid* in wonderwerkeHierdie Sondag...* in sy vergiffenisOns sonde is nie 'n gewilde plek om Jesus te ontmoet nie. Want dit is pynlik om ons mislukkings in die oë te kyk. Maar Jesus hardloop na ons sonde toe. Want dit is daar waar Hy met ons saam-ly én heelmaak.Julle onthou Nightbirde wat geskryf het sy naar van chemo op die badkamervloer God ontmoet?So ontmoet Mary Karr Jesus toe sy voor die troon in die badkamer van die kliniek vir verslaafdes besef dis baie meer waardig om gestroop van my verdedigingsmeganismes voor Jesus te kniel. Omdat Hy saam-ly.Dawid vir God oor Batseba en Uria.God kom soek Adam en Eva toe hulle kaal gestroop is van sy goddelike beeld.Here Jesus, hier is my sonde. Ek kan nie meer nie. Ek wil nie meer nie. Kom, hardloop na my toe, omhels my asseblief met u medelye....more31minPlay
December 10, 2023Erediens 2023-12-10 | Sien jy ook wonderwerke?𝙎𝙞𝙚𝙣 𝙟𝙮 𝙤𝙤𝙠 𝙬𝙤𝙣𝙙𝙚𝙧𝙬𝙚𝙧𝙠𝙚? "...gebore uit die maagd Maria..." Die gesig in Open 4 laat ons inkyk in God se troonsaal. Om die troon is daar vier vreemde lewende wesens, "vol oë van voor en van agter". Hulle kyk, sien alles wat God doen. En dit wat hulle sien laat hulle aanhoudend roep: “Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” Wat sien jy alles van wat God doen? Wat roep jou lewe dag en nag?('n Opvolg op laasweek se preek: So sien jy dat God hier is.)...more25minPlay
December 03, 2023Erediens 2023-12-03 | Kerssangdiens🙌😇🙏✝️🔥❤️🔥🎈KERSSANGDIENSHͦoͦeͦ sͦaͦlͦ dͦiͦtͦ lͦyͦkͦ aͦsͦ eͦlͦkͦeͦeͦnͦ wͦaͦtͦ Gͦoͦdͦ-bͦyͦ-oͦnͦsͦ, oͦnͦsͦ-bͦyͦ-Gͦoͦdͦ lͦeͦeͦfͦ 'nͦ bͦaͦlͦlͦoͦnͦ rͦoͦnͦdͦdͦrͦaͦ?heerlik (Joh 1:1-4,6-11)Ons sing Sondag lig, onbelas, onbeswaard, uitbundig vry-bly oor Jesus wat God in menselyf kom wys. Opligtyd.Erediens Sondag 3 Des 2023, 9:30• Hofstr 2, Tuine...more38minPlay
November 27, 2023Erediens 2023-11-26 | Vreugde in 'n omgekeerde wêreld🙌😇🙏✝️🔥❤️🔥NAGMAAL hierdie SondagVreugde in 'n oɯƃǝʞǝǝɹpǝ wêreld - weet jy Wie hier binne is?(Ps 46:5,10)Dis soos die eerste treffende skoot van 'n film: Die hommeltuig met die kamera vlieg persoonlik laag oor die barbare, lig op en kry hoogte, 'n stadsmuur kom in sig. Jy kom agter buite die stad raas en rumoer die vyand. Oor die muur gly die kameraskoot, binne die stad lyk als rustig. Die kamera fokus in en land by 'n helder waterstroom. Hier is alles groen, lag en lewe mense. Hulle weet van die barbare daar buite; hulle wéét ook Wie hier binne is.Kom, lag Sondag saam by die waterstroom van God se nabyheid. Al raas dit hoe....more26minPlay
November 27, 2023Erediens 2023-11-19 | Koninkryk beginselsωιℓ∂є voëls(Mat 6:26,33)'n Gesin bly in 'n woonstelblok in die stad. Een dag neem die ma die dogtertjie op vir 'n piekniek onder 'n lekker groot boom in die tuine. Die dogterjie draai haar koppie skeef soos sy vir die voëltjie op die tak kyk. Na 'n rukkie sê sy: "Mamma, al wat die voëltjie nog nodig het is 'n koutjie."Beginsel vir die Koninkryk: daar is meer sekuriteit in hoe Koning Jesus sorg as in koutjies...more45minPlay
November 14, 2023Erediens 2023-11-12 | ABBA VaderAႦႦα 𝙑𝙖𝙙𝙚𝙧(Mark 14:36)Jesus is angstig. Sy kruisiging lê voor. Drie keer soek Jesus die Vader se teenwoordigheid, bid Hy. Sy gebede groei, soos sy gemoed groei van angs na moed, soos Hy al meer die verbysterende omvang van sy Vader se liefde omhels.Niemand kan jou die liefde van die Vader leer nie. Jy moet dit ondervind om dit te leer ken. En gebed is een plek waar jy Hom in sy liefde ontmoet....more41minPlay
November 05, 2023Erediens 2023-11-05 | Leer my om elke dag te laat tel🙌😇🙏✝️🔥❤️🔥Leer my om elke dag te laat tel(Ps 90:12)Iewers binne God se ewige bestaan is my lewe 'n stippeltjie. Om my lewe te maak tel, is daar nie tyd om te mors nie. Omhels Jesus en lééf met sy wysheid. ...more22minPlay
FAQs about Gereformeerde Kerk Kaapstad Eredienste:How many episodes does Gereformeerde Kerk Kaapstad Eredienste have?The podcast currently has 63 episodes available.