Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 605 episodes available.
April 14, 2022Groeipyne 14 April 2022Die Covid-19-pandemie het ons lewe vir altyd verander, ongeag of dit endemies gaan word of nie. Vra enige kind, en jy sal 'n storie of twee hoor van verlies. Hetsy dit die dood van 'n geliefde is of vriendskappe wat weens die afstand gesneuwel het. Kinders se ware emosies en gesigsuitdrukkings kan maklik agter 'n masker weggesteek word. Hoe rus ons ons kinders toe om te midde van die voortslepende onsekerheid gegrond te bly? Anthea Fredericks praat hieroor met spesialisberader, dr. Wietske Boon....more25minPlay
April 07, 2022Groeipyne 7 April 2022Anthea Fredericks praat met twee opvoeders oor die groot sprong van laerskool na hoërskool. Johanni Dreyer en Sebastiaan Agulhas van Curro Century City Hoërskool in Kaapstad deel hulle insigte oor hoe om die aanpassing vir leerders makliker te maak. Ons hoor ook wat 'n paar Graad 8's te sê het oor hulle nuwe skoolervaring....more26minPlay
March 31, 2022Groeipyne 31 Maart 2022Johan van Lill praat met dr. Melodie de Jager oor of daar deesdae meer kinders is wat leer- en ontwikkelingsuitdagings het as vroeër. Wat is die dinge wat belangrik is wat ek as ouer en versorger op moet fokus om kinders se ontwikkeling te stimuleer?...more25minPlay
March 24, 2022Groeipyne 24 Maart 2022Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor die impak van dinge wat om ons gebeur, op tieners se interne self. Hoe moet ek as ouer en versorger hulle ondersteun wanneer daar soveel dinge gebeur waaroor ons nie beheer het nie?...more22minPlay
March 17, 2022Groeipyne 17 Maart 2022Johan van Lill praat met Lizelle de Bruin oor dinge wat jy met kinders kan doen oor naweke en in vakansietye, wat hulle nie net sinvol besig hou nie, maar ook hulle spelenderwys ontwikkel....more22minPlay
March 10, 2022Groeipyne 10 Maart 2022Johan van Lill praat met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor die dagprogram by voorskoolse sentrums. Wat gebeur alles deur die dag nadat jy jou kind afgelaai het? Wat is die belangrike dinge wat moet gebeur, en hoekom leer hulle nie om te lees of skryf nie?...more23minPlay
March 03, 2022Groeipyne 3 Maart 2022Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Katherine van Heerden oor die stel van grense. Wat is grense, en hoe gemaak as ek nie goed daarmee is om my kinders van grense te leer of om dit toe te pas nie? Wat is die verband tussen grense stel en gedrag?...more21minPlay
February 24, 2022Groeipyne 24 Februarie 2022Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die impak wat finansiële stres en armoede op gesinne het. Hoe hanteer ek dit as ek my werk verloor het, en hoeveel moet die kinders daarvan weet?...more23minPlay
February 17, 2022Groeipyne 17 Februarie 2022Johan van Lill praat met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor wat jou te doen staan as jou kind nie met mense oor die weg kom nie. Hoe hanteer ek dit as my kind nie met Juffrou of Meneer kliek nie, of selfs met ander volwassenes en straks ook met my as ouer?...more23minPlay
February 10, 2022Groeipyne 10 Februarie 2022Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n opvoedkundige en historikus, oor die belangrikheid van familieverbindings vir die ontwikkeling van kinders. Hoe kan waar jy in die familie inpas, vir jou kind tot voordeel wees?...more23minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 605 episodes available.