Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Vandag se leefstyl is baie anders as 30 jaar gelede – so ook die manier om kinders groot te maak en die probleme wat kinders het. Hierdie is ‘n program vir ma’s en pa’s, oumas, oupas, bure en enige ee... more
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.
May 23, 2019GroeipyneHoe kry jy 'n balans met higiëne by jou kinders? Aan die een kant kan 'n mens obsessief higiëne najaag, maar dan het dit weer aan die ander kant 'n negatiewe impak op kinders se ontwikkeling. Johan van Lill gesels met Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor hoe skoonmaak, netheid en higiëne in gesinne benader kan word....more23minPlay
May 16, 2019GroeipyneTerapie waar perde gebruik word, neem al hoe meer toe en kinders vind ongelooflik baat by hierdie terapie. Johan van Lill gesels met Katherine van Heerden, opvoedkundige sielkundige, wat in hierdie tipe terapie spesialiseer, en verduidelik hoe dit selfs kinders wat op die outistiese spektrum is, help....more23minPlay
May 09, 2019GroeipyneTienerswangerskappe is een van die realiteite waarmee baie gesinne onverwags te doen kry. Johan van Lill praat met Erna Rheeder van SAVFamnet oor hoe gesinne dit kan hanteer, en watter rol die tienerpa speel....more22minPlay
May 02, 2019GroeipyneHet jy en jou gesin al oorweeg om platiekvry te leef? Johan van Lill praat met Johannes de Villiers, 'n joernalis, oor hoe jy en jou kinders minder plastiek kan gebruik tot voordeel van die omgewing....more22minPlay
April 25, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met opvoedkundige sielkundige Fred Schouwink oor kinderangs, en hoe ouers en versorger nie te beskermend of te gou moet intree wanneer 'n kind angs ervaar nie, want dit kan selfs tot verdere angs lei. Hulle praat ook oor wanneer om hulp te kry vir angs by kinders, en hoe so 'n proses werk....more24minPlay
April 18, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met onderwyskundige Marise Oberholzer oor die gaping tussen Graad 6 en Graad 7 wiskunde. Baie kinders ervaar 'n insinking in hulle wiskunde-prestasie in hierdie fase van hulle skoolloopbaan....more22minPlay
April 11, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met dr. Marlena Kruger oor digitale geletterdheid, en hoe om die sinvolle en gebalanseerde gebruik van tegnologie met jou kinders toe te pas. Hoe kry ek 'n gesonde balans tussen menswees en tegnologie in ons huishouding?...more23minPlay
April 04, 2019GroeipyneJohan van Lill praat met onderwyskundige Petrus Jacobs oor hoe gesprekke met jou kinders kan verloop, wat redenasievermoë stimuleer. Kinders wil baie keer met jou oor sekere reëls of geleenthede onderhandel, en die manier waarop mens dit doen kan kritiese denke en die vermoë ontwikkel om argumente te formuleer, gestaaf met bewyse of navorsing....more23minPlay
March 28, 2019GroeipyneJohan van Lill gesels met twee kenners oor toegang tot kinders. Hoe gemaak as een van die ouers die kinders vervreem en my toegang tot my kinders verhoed? Onlangs is daar in die media berig oor ouers wat in hegtenis geneem is omdat hulle hul toegang tot hul kinders uitgevoer het en die ander ouer die polisie se hulp ingeroep het om die kinders op te spoor. Wat is my as ouer se regte?...more23minPlay
March 20, 2019GroeipyneHierdie week in Groeipyne gesels Johan van Lill met Annalies van Rijswijk van die SNAP School in Durbanville oor outisme en ander leeruitdagings en wat die regte dinge is wat ouers van jongs af kan doen met sulke kinders om hulle optimaal te help ontwikkel....more24minPlay
FAQs about Groeipyne:How many episodes does Groeipyne have?The podcast currently has 624 episodes available.