Hoe gaan dit met jou?

Hoe gaan dit met jou?

Download on the App Store

Hoe gaan dit met jou? episodes

  • Episode 8: Hoe gaan dit met Arnold Vosloo
    Hoe ervaar Amerikaners die Covid-19 pandemie? En hoe het dit Hollywood geraak? Arnold Vosloo gesels met ons uit Hollywood, en vertel ook sommer meer oor Griekwastad, sy eerste Afrikaanse rolprent in 30 jaar.
    8 min
  • Episode 5: Hoe gaan dit met Daniella van Heerden
    Om geboorte aan jou eersteling te gee gedurende inperking is beslis nie maklik nie, maar dis presies wat met bekende nuusleser en joernalis, Daniella van Heerden, gebeur het. Sy vertel meer oor die uitdagings en lekkertes van ‘n nuwe ma in hierdie uitsonderlike tyd.
    10 min
  • Episode 3: Hoe gaan dit met Vickie de Beer
    Ons kosredakteur, Vickie de Beer, is ons gas in hierdie episode van "Hoe gaan dit met jou", ons spesiale mini-reeks vir die inperkingstydperk. Vickie en haar gesin woon sedert einde Januarie in Nederland waar die COVID-19 inperkingstydperk verlede week verleng is. Sy vertel vir ons hoe dinge daar werk, wat sy bak en brou en hoe sy en haar gesin hulself besig hou in ‘n vreemde land.
    20 min
  • Episode 2: Hoe gaan dit met Sophia Kapp
    Sophia Kapp, skrywer van 13 romans, het ‘n huishoudelike naam geword onder Afrikaanse lesers met topverkopers soos Dagboek van ‘n bedonnerde diva. Ilse Salzwedel het met haar gesels oor haar lewe tydens " lockdown". Sophia gesels onder andere oor die belangrikheid van roetine, en hoe om te keer dat jy heeldag wil peusel. Haar jongste roman, Kanaan, het pas by LAPA verskyn, en is reeds te koop as e-boek op Amazon.
    16 min
  • Episode 1: Hoe gaan dit met Erns Grundling
    Erns Grunding, bekende reisjoernalis en skrywer van onder andere ELDERS en SUSHI EN SHOSHOLOZA, gesels in ons eerste episode met ons oor hoe hy die uitdagings (en onverwagse lekkertes) van lockdown hanteer. Erns het onder andere sy eie Parkrun gehardloop in sy oprit en vertel hoe oefening (en skottelgoed was!) hom help om negatiewe gedagtes hok te slaan. En as jy gedink het jy is al een wat gedurig wil peusel, jy is nie – Erns sukkel ook daarmee, en as hy net daardie boks paaseiers wat Catherien wegsteek, in die hande kan kry… En hoe sien hy die wêreld post-"lockdown"? Kom luister saam na hierdie inspirerende gesprek!
    32 min
  • Hoe gaan dit met jou? VOORSKOU
    Kom luister saam na ons spesiale, mini-reeks gedurede die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende die onsekere tydperk.
    1 min

About Hoe gaan dit met jou?

From the publisher's feed

In hierdie mini-reeks, spesiaal geskep vir die inperkingstydperk gedurende die Covid-19 pandemie, gesels Ilse Salzwedel met mense oor hoe hulle die isolasie ervaar, en wat hulle doen om hulself en hul…