Leer meer oor die pampoen-paddatjie wat kan spring, maar nie land nie, en wat gesels met sy maats, maar nie een kan hoor nie. Is dit waar dat jy elektrisiteit kan spaar deur jou selfoonlaaier te ontkoppel, en hoeveel spaar mens?
Wat tel as vreemde gedrag by akkedisse? Ons kyk weer na hoe molle grondhopies maak as hulle agtertoe skop. Help ‘n waaier om muskiete weg te hou, of is dit ‘n mite?
Hoe kan ‘n vliegtuig, teen ‘n snelheid van 300 plus kilometer per uur, se wiele so vinnig versnel in ‘n breukdeel van ‘n sekonde wanneer dit land? Hoekom klink die sang van ‘n rooivlerkspreeu soms so mooi, maar soms ook so lelik?
Hoekom sing die meeste voëls vroegoggend of laataand? Wat gebeur in die middel van die dag wat die sang stuit? Hoekom is die flapnek-verkleurmannetjie so groot, en sit hy so stil?
Hoe kan ‘n vliegtuig se bande van 0 tot 300 km per uur, in ‘n breukdeel van ‘n sekonde versnel, en nie die vliegtuig van koers afdruk nie? Hoe beïnvloed wolkbestuiwing die aarde se temperatuur en weerpatrone?
Is daar iets soos visse, of is ons op skool verkeerd geleer? Hoekom kan sperm vir jare gevries word, maar ‘n mens se toon kan nie na ‘n paar ure weer aangeheg word nie, selfs al is dit gevries?