Het kanker bestaan voordat mensgemaakte chemikalieë daar was? Hoe verskil visie van oë wat langs die kop teenoor voor die kop geposisioneer is? Kan ons meer goud maak uit ander elemente, en só die finansiële krisis oplos?
Kan 'n skokgolf lig maak wat deur die liggrens kan breek? Wie leef langer: diere in gevangenis of wilde diere? Hoekom is dit dat ons nooit dooie voëltjies sien rondlê nie?
Hoe kan dit so moeilik wees om rubber oor gladde glas te sleep as wrywing deur oppervlakwrywing veroorsaak word? Hoekom is erdwurms so reusagtig in Cradock?
Ons leer meer oor liewenheersbesies, of skilpadkewers. Waar kom hulle vandaan? Watter spesies het onlangs in Suid-Afrika aangekom? Wat is hulle groepgedrag? Ons vind ook meer uit van die blikslanerkie en die snorkmodderpaddatjies.
Hoekom neem blou-ape dwelms? Hoekom raak olifante dronk? Hoekom vrek sekere voëls van alkoholvergiftiging? Hoekom word vlêrmuise deur niks geaffekteer nie? Hoe perfeksionisties is stinkbesies? Is daar iets soos gratis elektrisiteit wat al ons kragprobleme kan oplos?
Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Ons bespreek klimaatsverandering met ekoloog dr. Dave Pepler, medikus dr. Heinz Mödler en teoretiese fiskikus prof. Hendrik Geyer. Hoe sal dit die mens en diere affekteer?