Hoe verklaar jy die kamera-effek in skaduwees? Watter vlieg help ons met kankernavorsing en lanklewendheid? Watter akkedis is die grootste akkedis in die wêreld?
Is dit waar dat jy demensie kan ontwikkel wanneer jy in jou neus krap? Hoe is dit moontlik dat twee spesies uit verskillende kontinente so na mekaar kan aard? Kan motte honderde kilometers in die oop see oorleef?
Wat is die slegste vir ‘n land se toekoms - oorbevolking of te min mense? Hoe beïnvloed seep oppervlakspanning? Is dit moontlik dat melk van kamertemperatuur koffie stadiger kan laat afkoel?
Ons leer meer van parsitoïdes van insekte en spinnekoppe. Watter uitwerking het geraas, of klank, op diere? Produseer jou liggaam vitamien D wanneer jy binne die huis in die son sit?
Ons bespreek opvolgvrae van luisteraars oor warmwaterflesse en watertenks. Hoekom het sekere soogdiere meer vet as ander? Hoe kan jy molle in jou tuin aanpak?
Beweeg elektrisiteit so vinnig soos die spoed van lig, of beweeg dit teen 9 km per uur? Hoekom gaan die lig aan sodra jy die skakelaar druk? Waar kom volstruise vandaan, en hoe oorleef hulle.
Is prof. Hendrik Geyer wetlik aanspreeklik vir sy gebruik van die woord biljoen i.p.v. triljoen? Sal waterslange Desiree se visse in haar dam opvreet? Wanneer sal kunsmatige intelligensie Hoe verklaar jy dit se paneel kenners vervang?
Hoe verklaar jy dit dat die Jesus-akkedis oor water kan hardloop sonder om te sink? 'n Luisteraar vra of ons 'n wollerige wurm van Ellisras kan identifiseer. En, watter vreemde swamme groei in Humansdorp?
Ons pak die raaisel van dooie bye wat in die oggende aangetref word by fluoresserende ligte. Ons gaan ook uitvind of ‘n halfvol warmwaterfles langer warm bly as ‘n propvol warmwaterfles.