Prof. Le Fras Mouton, ’n herpeteloog, verduidelik hoe slange nog ‘n moontlike dodelike byt kan toedien nadat die kop afgekap is. Hoe word weerligballe gevorm? Hoe verskil hommelbye en houtkapperbye van mekaar?
Watter uitwerking het insekmiddels op die mens? Hoe verklaar jy dit dat die Indiese Huiskraai ook hier in Suid-Afrika voorkom? En, waar skuil die seeleeu met die bal op sy snoet?
Ons leer meer oor ‘n vorm van parasitisme, waar mens en vertibraatdiere se weefsel en organe spesifiek deur vlieglarwes beset word. Ons kry ‘n nuwe ekowenk, en daar word weer gekyk na die middelpunt van Suid-Afrika.
Regstreeks vanaf die Woordfees in Stellenbosch: Lise Swart gesels met prof. Hendrik Geyer oor lawwe sout, met medikus dr. Heinz Mödler oor kunslense se tweedehandse waarde, en met ekoloog Dave Pepler oor uile se eetgewoontes.
Ons leer meer oor suikerbekkies se voeding van hulle kuikens, mensgemaakte damme se uitwerking op die effek ekologie, en vreemde goggas in mense se tuine en badkamers.