Ons kyk na die sonopkoms en -ondergang, sonstilstand en die verandering in daglengtes. Daarna gaan ons meer leer oor swamme wat insekte aanval of parasiteer op insekte.
Ons kyk na die verskeie name wat luisteraars deur die jare aan insekte gegee het, wat kenners hulle noem, en waar baie van die name vandaan kom. Ons vind uit hoekom sommige mense met hulle oë oop sterf, en Dave Pepler gee sy wenk van die week.
Hoekom hou bye nie van die Sy-eikebome in Randburg nie? ‘n Plaag wurms in Pietermaritzburg neem ‘n luieteraar se boom oor, maar dit lyk asof daar geen natuurlike predatore byderhand is nie. Hoekom nie? Is dit waar dat die getalle van pofadders besig is om toe te neem in in die Sentraal-Vrystaat?
Soos wat spinnekoppe, slange en paddas giftig kan wees, is daar giftige soogdiere? Is jou houtbord in die kombuis meer higiënies as jou plastiekbord? Wat is die ontstaan van Homo Sapiens?
Woon daar perdeybye in vye, en hoekom is hulle nie ‘n gevaar vir die mens nie? Hoekom eet karetskilpaaie plastiek? Sien hulle dit aan as ‘n voedelsoort?
Wat is ‘n turksvy se voedingswaarde, en kan mens hulle pitte sommer net plant? Waar is die reuse grondgeitjie woonagtig, en hoekom het hulle nie suigkussings op hulle tone nie? Is ‘n sandvlooi gevaarlik vir die mens?
Hoekom verrimpel mense se vingerpunte en tone in warm water? Eet sekere spinnekoppe ander spinnekoppe, en hoe doen hulle dit? Wat is ‘n weerligbal, en wat veroorsaak dit?