Die paneel kenners leer ons meer van nagapies se eetgewoontes en van hulle familiestamboom. En ons gesels oor platannas – hoe en hoekom hulle nou onlangs Onrus in die Wes-Kaap omtrent oorgeneem het.
Die paneel kenners praat oor skemer-strale, of hoe paralelle lyne een word. Ons vind uit oor lewe in boorgatwater, en hoe iguana-akkedisse Madagaskar van Suid-Amerika af bereik het.
Ons paneel kenners praat oor springkaanplae en wanneer die beste tyd is om dit te bestry; sampioene wat nader aan diere as plante is; en vasodilatasie, of te wel bloos.
Die paneel kenners leer ons meer van ons reuksintuie; die teepot-effek (daai lastige druppel op die teepot se tuit); hoekom sommige diere maak asof hulle dood is; en die belang van die hyoïedbeen.
Die span kenners beantwoord luisteraarsvrae oor die sig van slange (en wees gewaarsku van hulle sien goed), erdwurms wat in blikbekers skuil, en hoekom beet jou urine verkleur, maar nie rooiwyn nie.
Ons kenners gaan ons meer leer van die ontbindingsproses tot die punt waar ‘n walvis ontplof, en ons gaan leer van die slangakkedis - hoekom is dit ‘n akkedis, en nie ‘n slang nie?
Hoekom kry sommige mense halusinasies ná ‘n aorta-aneurisme? Hoe verloor akkedisse hulle sterte, en hoe werk die regenerasie daarvan? Hoekom is zebras geweldadig teenoor mekaar?
Die kenners praat oor die temperatuur van meteoriete, veral wanneer dit op jou kopkussing land! Hoekom hou Kapenaars aan om te sê die dassie en olifant is naasverwant?